Empirisme is 'n filosofiese stroming waarin gestel word dat kennis uit die ervaring voortspruit. Die empirisme word tradisioneel beskou as 'n filosofie wat die teenoorgestelde verteenwoordig van die rasionalisme, wat die rede en die denke aanwys as vernaamste kennisbron. Dit verwerp ook alle filosofiese stromminge wat beweer aangebore kennis bestaan. Volgens die empirisme beskik die mens oor geen vorm van aangebore kennis nie en moet sy gees (gedagtes) beskou word as 'n skoon bladsy (tabula rasa). Die empirisme speel vernaamlik 'n rol in die epistemologie asook in die filosofie van die gees.
In die antieke filosofie kom al bepaalde vorme van empirisme voor in die werk van Aristoteles en Epikurus. 'n Werklike deurbraak sou die empirisme eers in die 17de en 18de eeu in Groot-Brittanje bekom met die Britse empirisme wat deur denkers soos Francis Bacon, John Locke, George Berkeley, David Hume en John Stuart Mill uitgewerk is. Verdere vorme van empirisme vind mens ook in die positivisme van Auguste Comte, die pragmatisme van William James, die analitiese filosofie van Bertrand Russell, die logiese empirisme van Rudolf Carnap en die konstruktiewe empirisme van Bas van Fraassen.
Inhoud duimnael|John Locke, een van die bekendste empiriste. Die empirisme gaan uit van die grondbeginsel dat ons dinge ken uit ervaring. Die logiese empiris Carl Hempel definieer empirisme as volg: "Die fundamentele beginsel van moderne empirisisme is die siening dat alle nie-analitiese kennis gebaseer is op ervaring." Logiese empiriste sal dus wel stel dat wiskundige en logiese waarhede (analitiese oordele) nie uit die ervaring voorkom nie, maar daarenteen ook egter geen eie inhoud het nie: dit is toutologieë.
Hoewel die meeste empiriste dus nie te dogmaties omgaan met hul grondbeginsel nie, gaan sommiges, soos John Stuart Mill en by tye ook Bertrand Russell, veel verder en stel dat selfs die logiese wette uit die ervaring voortkom. Mill illustreer dit byvoorbeeld deur te stel dat ons in die werklike wêreld nooit 'n situasie teëkom wat tegelykertyd wel bestaan en nie bestaan nie. Die logika sou hierdie wet vervolgens eenvoudig gekopieer het vanuit die ervaring (nie A en nie -A). Hume verdedig die oorsaaklikheidsbeginsel met 'n verwysing na blitse en donder. Die feit dat donder op 'n blits volg en dat na 'n blits donder verwag kan word, ken ons dus uit ons ervaring. Die geloof in oorsaaklikheid het dus ontstaan uit 'n gewoonte. Russell wys daarop dat ervaring nie noodsaaklik van dinge buite die mens is nie, maar dat introspeksie, met die geestelik oog kyk wat binne-in die gees (gedagtes) van 'n mens afspeel, ook as 'n vorm van waarneming gesien kan word.
Kort saamgevat kan mens stel dat die empirisme die sintaktiese assessering a priori (van tevore gegee en onafhanklik van die ervaring) probeer herskryf na sintaktiese assessering a posteriori (kennis afgelei uit die ervaring). Niks is dus oorspronklik aanwesig in die menslike verstand nie en dit kan die beste begryp word as 'n skoon bladsy (tabula rasa). Niks kan dus uit die denke alleen afgelei word nie, maar word gefundeer in die ervaring. Hierby moet dan wel begryp word dat in 'n suiwer en absoluut empirisme hiermee ook die betekenis van alle begrippe waarmee die a priori geuiter kan word, gerelativeer is (hieronder val dus nie alleen die basisbegrippe van die dialoog: "en", "of", "as", "nie", "sommige", "alle", "eenheid", "nommer", "opvolger", "oneindig", ... maar ook dieper begrippe soos "substansie", "oorsaak", "gevolg", "bewussyn", ...)
Verskillende onderverdelings binne die empirisme en/of uitleg daaraan is moontlik:
Die materialistiese empirisme van Francis Bacon, Thomas Hobbes en John Locke kan onderskei word van die idealistiese empirisme van George Berkeley, David Hume, Ernst Mach en Avenarius.
Die empirisme kan gesien word as stroming wat teen die a priori (kennis gebaseer op denke alleen) gekant is, maar kan ook beskou word as die teenstander van alles wat (ook) uitgaan van die standpunt dat kennis aangebore is.
Die empirisme word deur sommiges ook beskou as 'n teorie wat die uitlê van hoe betekenis gegee kan word (die assosiasionisme), maar ook 'n teorie wat die kriteria aandui van wanneer mens al dan nie oor sinvol taalgebruik kan praat (verifikasionisme).
Ander sien die empirisme as 'n kennisteorie wat stipuleer dat kennisuitsprake (byvoorbeeld "Eloïse is oulik") (voortdurende) ondersteuning vanuit die ervaring nodig het om die status van kennis te verkry.
'n Vorm van die empirisme is die sensualisme wat die nadruk lê op die sintuiglikheid van die waarneming van alle kennis. Waar by Locke die introspeksie of refleksie tog nog 'n sekere rol speel, ontbreek dit by Étienne Bonnot de Condillac in geheel.
In antieke Griekeland duimnael|Epikurus Al by die vroegste filosowe, naamlik die Ioniese natuurfilosowe soos Thales van Milete en Anaximenes, speel die waarneming 'n sekere rol. Hulle probleem is om in teenstelling met die heersende mistieke wêreldbeeld, die natuur rondom hulle te verklaar deur te verwys na alledaagse fenomene. So dui Thales aan dat water die oorsprong van die wêreld is, omdat hy in sy alledaagse ervaring steeds sien hoe lewe ontstaan uit en bestaan van water. Hy hanteer dit dus as 'n analogiebewys op basis van wat hy in sy gewone lewe teëkom. Tog kan mens dit nog nie werklike empirisme noem nie omdat hierdie filosowe nog geen werklike kennisteorie hanteer en die ervaring nie eksplisiet as kennisbron aandui nie.
'n Reeks filosowe na hierdie natuurfilosowe steun weer sterker op wat later bekend sou staan as die rasionalisme: kennis oor die wêreld moes bekom word deur die denke en die rede, en nie soseer deur ervaring nie. Heraclitus bly nog 'n middelweg volg deur te stel dat kennis moontlik is omdat vuur sowel aan die oorsprong van die wêreld as die menslike siel lê, maar dan ook te vermeld dat nie iedereen die goeie (intellektuele) houding het om kennis te vergader nie. Pythagoras en Parmenides daarenteen poog om die rol van die waarneming te minimaliseer en veral die nadruk te lê op die rol van die verstand. Ook Plato en die deur hom opgevoede Sokrates kies die rasionalistiese benadering: kennis kon nie gebaseerd wees op die steeds veranderende en onstabiele sintuiglike wêreld nie, maar was daarenteen gebaseerd op die intellektuele beskouing van die Ideewêreld.
Dit is eers met Aristoteles dat vir die eerste keer werklik die empirisme ter sprake kom, hoewel dan ook Aristoles ‘n sterk rol aan die rede toeskryf. Hy stel dat die mens kennis verkry deur middel van abstraksie van die dinge wat hy/sy in die ervaring teëkom, maar hierdie kennis sit al as potensiaal vervat in die verstand van elke mens. Die mens besit dus al in 'n sekere sin hierdie kennis, maar dit moet nog geaktualiseerd word deur die ervaring en slegs deur die ervaring.
Die eerste filosoof wat 'n radikale empiriese perspektief kies, was Epikurus. Hy bou verder op die atomisme van Leucippus en Democritus en deel dus die oortuiging dat die wêreld bestaan uit 'n oneindig aantal atome wat voorwerpe vorm deur saam te klou. Belangrik is wel dat die empirisme van Epikurus 'n sekondêre rol speel in sy filosofie: dit dien slegs om sy etiek, naamlik die epikurisme te fundeer. Om so 'n fondament te soek, gaan Epikurus op soek na vaste, onbetwyfelbare uitgangspunte wat hy vind in die ervaring. Hy stel dat die ervaring wat ons het van dinge rondom ons 'n seker gegewe is. Waarneming hou, net as vir die atomiste, in dat die atome konstant 'n bepaalde soort beeldjies (eidôla) afskei wat opgevang word deur ons sintuie. Hierdeur sien ons via die waarneming hoe voorwerpe eg is en kan ons voldoende gespreke en voorspellings doen oor dit. Die beeldjies gee immers die presiese struktuur van die atome deur en daar kom geen vervorming aan die pas. "Elke waarneming is waar" stel Epikurus. Dit hou dat elke waarneming deur iets egs veroorsaak is: selfs illusionêre waarnemings, soos die illusie van 'n gebroke stok in die water, klop nog in die sin dat dit 'n voldoende waarneming is van die verbuiging van die lig.
Onsekerheid kom ter voorskyn wanneer die mens op basis van sy onbetwyfelbare waarneminge betwyfelbare oordele maak. Dit op sigself is nieseker nie, maar kan wel (al dan nie eenvoudig nie) gekontroleer word via die uitvoer van nuwe waarnemings. Natuurlik kan mens nie alles waarneem nie en is die mens nie onfeilbaar in sy waarnemings nie. Wat van onderwerpe soos die son of die sterre, of self met atome? Epikurus stel dat mens tog kan praat oor hierdie onderwerpe, deur dit indirek te toets via waarnemings spesifiek deur te kyk na gevolge of byverskynsels. Dit lei volgens Epikurus wel hoogstens tot wat hy noem 'nie-weerlegging' (ouk antimarturêsis): die stelling oor die voorwerp is na indirekte empiriese kontrole nie onmoontlik nie en dus moontlik waar.
Epikurus laat ook nog wel minder empiriese metodes toe soos analogiebewys, droom of die vestiging in clichés: 'n soort gemeenskapplike idee wat afstam van vroeëre opgedoende ervarings (uiteindelik deur al die afgestorwe mense). So is daar ook bewys vir die bestaan van gode, naamlik via deur sommige mense se opgedoende ervarings in die vorm van visioene en drome. Epikurus betoog dat drome en visioene veroorsaak word deur 'n spesiale en fyn soort atoom wat regstreeks tot die siel deurdring.
Moderne tyd In die moderne tyd kry die empirisme 'n nuwe impuls nadat dit in die middeleeue grootendeels stilgestaan het (met die uitsondering van Roger Bacon). Die oorsaak van die oplewing is veral die ontstaan van die moderne wetenskaplike metode wat denkers soos Francis Bacon en Isaac Newton daartoe aangespoor het om die waarneming weer as vernaamste bron van kennis aan te dui. In sy Philosophiae Naturalis Principia Mathematica (1687) stel Newton byvoorbeeld dat sy wetenskaplike stellings bloot voortspruit uit die suiwer waarneming. In hierdie konteks moet ook sy uitspraak "ek versin geen hipoteses" (Hypotheses non fingo) verstaan word. Newton baseer hom grotendeels op Bacon wie in sy Novum Organum (1620) poog om die nuwe wetenskaplike metode te beskryf. In teenstelling met Aristoteles wat hoofsaaklik fokus op deduksie, plaas Bacon veral induksie sentraal. Induksie is dié metode vir die wetenskaplike ondersoek: mens lei algemene wette en gegewens af vanuit die onbevooroordeelde ervaring van 'n reeks van spesifieke gevalle. Die rede kom hier nie soseer in spel nie, want dit draai om die suiwer interpretasie van die "boek van die natuur".
Britse empirisme Die empirisme word sterk gesteun deur die werk van die Britse empirisme met denkers soos John Locke, George Berkeley en David Hume. In sy Essay concerning Human Understanding (1690) stel Locke dit duidelik dat kennis slegs voorkom uit ervaring en dat mens van aangebore idees nie kan praat nie. Die menslike gees is 'n skoon blad (tabula rasa). Werklik alle kennis spruit voort uit ervaring (simple ideas) of 'n kombinasie en assosiasie van die deur ervaring opgedoende idees (complex ideas). Locke kom tot die gevolgtrekking dat die nuwe natuurfilosofie (die natuurkunde) nooit 'n sekere wetenskap kan word nie, maar dit hoogstens 'n stelsel van menings (opinions) kan wees. Slegs die wiskunde kan so 'n sekerheid hê omdat mens daar grootliks kan werk met ervaring opgedoende idees en hierdie met mekaar kan toets en vergelyk. Locke maak verder die onderskeid tussen primêre en sekondêre eienskappe. Primêre eienskappe van 'n voorwerp is eienskappe soos grootte of gewig, terwyl sekondêre eienskappe sake soos kleur, geur of smaak kan wees. Sekondêre eienskappe is iets subjektief, maar primêre eienskappe is van die onderewerp self. Dog ook hierdie primêre eienskappe, soos die bestaan van die dinge agter die ervaringe (die "substansie") kan mens nie met sekerheid bevestig nie, mens kan dit hoogstens veronderstel. duimnael|George Berkeley