duimnael|regs|220px|Ds. J.C. Krüger en sy eggenote.
duimnael|regs|200px|Ds. Krüger se grafsteen in die hoofbegraafplaas op Ladybrand.
Ds. Jan Christoffel Krüger (19 November 1870 – Ladybrand, 26 Junie 1905) was van 1898 tot sy dood predikant van die Gereformeerde kerk Ladybrand, die enigste gemeente in sy kort bediening van sewe jaar.
Die gemeente Ladybrand het reeds in Desember 1872 van Reddersburg afgestig, maar in die eerste 26 jaar van sy bestaan moes die lidmate tevrede wees met konsulentsbediening. Ná hul eerste predikant se dood in die ouderdom van 34 jaar, het die gemeente eers weer in 1911 ’n leraar gekry, in die persoon van ds. H.P.J. Pasch. Benewens dat hy sy studie aan die Teologiese Skool Burgersdorp voltooi het, is nie veel oor ds. Krüger se lewe bekend nie. Ná sy dood is hy in die hoofbegraafplaas op Ladybrand begrawe.
Galery
Bronne Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
Kategorie:Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika Kategorie:Geboortes in 1870 Kategorie:Sterftes in 1905