duimnael|220px|Die supermaan van 14 November 2016 was 356 511 km van die middel van die Aarde af, die naaste sedert 1948. Dit sal eers weer in 2034 so naby wees. duimnael|220px|Die supermaan van 19 Maart 2011 (regs) in vergelyking met die gemiddelde maan van 20 Desember 2010, soos van die Aarde af gesien.
’n Supermaan is ’n volmaan of donkermaan wat min of meer ooreenstem met die naaste stand van die Maan aan die Aarde in sy elliptiese wentelbaan, wat tot gevolg het dat die Maan groter as gewoonlik lyk. Die tegniese term daarvoor is die perigeumsamestand van die Aarde-Maan-stelsel. Die woord "supermaan" is nie werklik ’n sterrekundige term nie, maar het in moderne astrologie ontstaan.
Die teenoorgestelde term, apogeumsamestand, is al ’n mikromaan genoem,What is a micromoon? Timeanddate.com, besoek op 1 Oktober 2015 maar is nie so algemeen nie.
Die mees onlangse supermaan was op 24 Junie 2017 en die volgende een sal op 3 Desember 2017 wees.When is the next Supermoon?, Vercalendario.info, besoek op 25 Mei 2017Super Moon facts , EclipseGeeks.com, besoek op 25 Mei 2017 Die een op 14 November 2016 was die naaste supermaan sedert 26 Januarie 1948, en sal nie oortref word tot 25 November 2034 nie. Die naaste supermaan van die 21ste eeu sal plaasvind op 6 Desember 2052.
Soms val ’n supermaan saam met ’n algehele maansverduistering. Dit het laas in September 2015 gebeur, en die volgende een sal in Oktober 2033 wees.
Afstand Die Maan se afstand wissel elke maand tussen sowat 357 000 en 406 000 km vanweë sy elliptiese wentelbaan om die Aarde (afstande is tussen die twee liggame se middelpunt).
’n Volmaan by die perigeum, of naaste punt, lyk gewoonlik tot 14% groter as by die apogeum, of verste punt. Terwyl die Maan se oppervlakhelderheid dieselfde bly, is ’n supermaan se helderheid vanweë sy groter grootte tot 30% meer as wanneer die Maan by sy apogeum is. Terwyl ’n tipiese somervolmaan by gemiddelde breedtes net sowat 0,05 tot 0,1 lux verskaf, kan ’n supermaan direk bo die Aarde in die trope tot 0,36 lux verskaf.
Terminologie duimnael|260px|links|’n Rooi supermaan op 6 Mei 2012, soos gesien in Japan.
Die term "perigeumsamestand" word in die wetenskaplike wêreld verkies bo "supermaan". Perigeum is die punt waar die Maan die naaste aan die Aarde is in sy wentelbaan, en samestand, of sisigie, is wanneer die Aarde, Maan en Son oplyn, iets wat met elke vol- of donkermaan gebeur. ’n Supermaan is dus ’n kombinasie van die twee, hoewel hulle nie altyd saamval nie.
Uitwerking Die gekombineerde uitwerking van die Son en Maan op die Aarde se oseane, die gety, is die grootste met ’n vol- of donkermaan. Met ’n perigeum van die Maan is die getykrag ietwat sterker, en dit veroorsaak perigeum-springgetye. Maar selfs op sy sterkste is hierdie krag relatief swak en veroorsaak dit ’n verskil van hoogstens ’n paar sentimeter.
Geen bewyse is nog gevind van enige verband tussen supermane en groot aardbewings nie. Desondanks was daar gissings in die media dat rampe soos sekere aardbewings en tsoenami's plaasgevind het binne een tot twee weke ná ’n supermaan.
Verwysings
Eksterne skakels Lunar Apogee/Perigee Calculator Richard Nolle's definition
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Maan