Frederik X (Frederik André Henrik Christian; gebore 26 Mei 1968) is sedert 2024 die koning van Denemarke. Hy is die oudste seun van koningin Margrethe II (1972-2024) en Henrik, die prinsgemaal.

Koning Frederik X se amptelike slagspreuk is: Verenig, toegewyd, vir die Koninkryk van Denemarke.

Vroeë lewe links|220px|duimnael|Frederik as ’n baba in sy ma se arms.

Frederik is op 26 Mei 1968 in Kopenhagen gebore toe sy ma nog prinses Margrethe was, die oudste dogter van Frederik IX en vermoedelike opvolger van die Deense troon. Met sy geboorte was sy oupa aan moederskant, Frederik IX, op die troon van Denemarke en sy oupagrootjie aan moederskant, Gustaf VI Adolf, op die troon van Swede. Hy het die kroonprins geword toe sy ma op 14 Januarie 1972 die troon bestyg.

Sy peetouers sluit in prins Georg van Denemarke, baron Maximilien de Wattevill-Berckheim, graaf Etienne de Laborde de Monzepat, koningin Anne-Marie van Griekeland, groothertogin Joséphine-Charlotte van Luxemburg en Birgitta Juel Hillingsø. Hy is genoem na: Sy oupa van moederskant, Frederik IX, wat dus die koninklike tradisie volg om die troonopvolger òf Frederik òf Christian te noem. Sy oupa aan vaderskant, André de Laborde de Monzepat. Sy pa, prins Henrik. Sy oupagrootjie Christian X.

Benewens Deens, sy moedertaal, praat hy ook vlot Frans (sy pa se moedertaal), Engels en Duits.

Die koning het die grondslagfaseskool by Krebs' Skole in 1974-1981 bygewoon, van 1974-1976 as privaat leerling by die Amalienborgpaleis. Na sy skoolloopbaan het hy in 1989 begin met ’n kursus in staatsleer aan die Aarhus-universiteit. Dit het ’n jaar aan Harvard (1992-1993) ingesluit onder die naam Frederik Henriksen, waarna hy drie maande lank by die Deense VN-sending in New York gewerk het. In 1995 het hy sy M.Sc.-graad in staatsleer verwerf. Sy finale proefskrif het gehandel oor ’n ontleding van die buitelandse beleid van die Baltiese lande, wat hy tydens sy studie verskeie kere besoek het.

Frederik het uitgebreide studie en opleiding in al drie weermagdienste voltooi. Hy was daarna aktief in die verdedigingsmagte. Hy het verskeie range, onder meer generaal-majoor in die leër.

duimnael|Frederik en sy vrou, kroonprinses Mary, by die troue van Victoria, kroonprinses van Swede, en Daniel Westling. Op 8 Oktober 2003 het koningin Margrethe amptelik haar toestemming gegee vir sy troue met Mary Elizabeth Donaldson, ’n Australiese bemarkingskonsultant wat die prins ontmoet het terwyl hy die Olimpiese Somerspele 2000 in Sydney bygewoon het. Hulle is op 14 Mei 2004 in Kopenhagen getroud. Die paartjie het vier kinders: Christian, sy erfgenaam; Isabella; Vincent; en Josephine.

Belangstellings duimnael|links|Frederik en Mary bewonder die naghemel by ESO se sterrewag in Chili.

Frederik stel baie belang in wetenskaplike navorsing, klimaatsverandering en volhoubaarheid. Hy het al aan ekspedisies, forums en gebeure oor die klimaat deelgeneemwww.billedbladet.dk . www.billedbladet.dk (22 September 2009). Besoek op 14 September 2011.www.billedbladet.dk . www.billedbladet.dk (27 May 2009). Besoek op 14 September 2011.msndk.starlounge.com . msndk.starlounge.com. Besoek op 14 September 2011.thegloss.com . thegloss.com. Besoek op 14 September 2011. en onderhoude toegestaan oor volhoubaarheid.

Die prins moedig Dene aan om aan sport deel te neem. Hy is die beskermheer en erelid van verskeie sportorganisasies,www.kronprinsparret.dk . www.kronprinsparret.dk (17 Januarie 2006). Besoek op 14 September 2011.www.kronprinsparret.dk . www.kronprinsparret.dk. Besoek op 14 September 2011.www.kronprinsparret.dk . www.kronprinsparret.dk (28 Oktober 2010). Besoek op 14 September 2011. en lid van die Internasionale Olimpiese Komitee.

Hy is self ’n geesdriftige sportman, wat aan marathons in Kopenhagen, New York en Parys deelneem. In 2013 was hy die eerste koninklike wat ’n Ystermankompetisie voltooi het.

Hy is ook ’n ervare see- en drakebootvaarder wat al kompetisies gewen het.

Simbole van koning Frederik X

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike webtuiste

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Deense monarge Kategorie:Geboortes in 1968 Kategorie:Lewende mense