Christiaan II (1 Julie 1481 – 25 Januarie 1559) was ’n Skandinawiese monarg tydens die Kalmarunie. Hy het van 1513 tot 1523 as koning van Denemarke en Noorweë regeer en van 1520 tot 1521 van Swede. Van 1513 tot 1523 was hy ook Hertog van Sleeswyk en Holstein saam met sy oom Frederik.
Lewe duimnael|links|250px|Die Stockholm-bloedbad.
Christiaan was die oudste seun van die vorige monarg, koning Hans,. en was lid van die Huis van Oldenburg. In Denemarke het die adel in dié tyd ’n nuwe koning gekies (uit die seuns of naasbestaandes van die vorige monarg), wat sy mag met hom moes deel. Christiaan het gebots met die Deense adel toe hy ’n manifes, strenger as enigiets tevore, moes teken om te verseker dat hy die troon bestyg. Deur interne hervormings het hy later die bepalings van die manifes probeer ontwyk.
Internasionaal het hy probeer om die Kalmarunie tussen die Skandinawiese lande in stand te hou, wat hom in ’n oorlog met Swede gedompel het; dit het van 1518 tot 1523 geduur. Hoewel hy die land in 1520 verower het, het sy slagting onder die Sweedse adel (bekend as die Stockholm-bloedbad) daarna meegebring dat die land se inwoners hom verag het. Ná ’n kort bewind in Swede, waar hy steeds as Christiaan die Tiran (Kristian Tyrann) bekend is,Kristian Tyrann deur Paul J. Reiter, in Sweeds vertaal deur Gustaf Witting, Natur & Kultur, Stockholm, 1943 is hy in ’n rebellie deur die edelman Gustav Vasa onttroon.
Sy probleme het toegeneem toe hy probeer om die invloed van buitelandse handelslande in Denemarke te beperk. Sy bewind in Denemarke en Noorweë is kortgeknip toe sy oom hom van die troon sit en die trone bestyg as Frederik I. Christian is verban na Nederland, wat toe regeer is deur sy swaer die Heilige Romeinse keiser Karel V. Nadat hy in 1531 die trone probeer terugverower het, is hy in hegtenis geneem en vir die res van sy lewe gevange gehou.
Hy is op 77-jarige ouderdom dood – hy het nie net sy oom oorleef nie, maar ook sy neef koning Christiaan III.
Verwysings
Eksterne skakels Die Koninklike Stamboek op die webtuiste van die Deense Monargie
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Deense monarge Kategorie:Geboortes in 1481 Kategorie:Noorse monarge Kategorie:Sterftes in 1559 Kategorie:Sweedse monarge