Andries Abraham Stockenström le Fleur (2 Julie 1867 - 11 Junie 1941) was 'n visioenêre Griekwa leier.
Sy geboorte en eerste jare in Griekwaland-Oos. Roeping en eerste openbaring Daar besonders min primêre bronne beskikbaar oor die lewe van Andries Abraham Stockenström le Fleur. Te veel van wat oor hom bekend is, is van popularistiese skrywes en dikwels is dit gebaseer op blote hoorsê en oorleweringe. Daar is byvoorbeeld bewerings dat Andries le Fleur se oupa ‘n Franse sendeling was wat iewers in die 1820’s getroud is met ‘n vrou uit Madagaskar maar daar kon geen bevestiging gekry word van enige Franse sendeling met die van le Fleur wat in Suider-Afrika was in daardie tydperk nie.Besten, M. Transformation and Reconstitution of the Khoe-San Identities 1894 – 2004. 2006. Doktorale Proefskrif. Universiteit van Leiden. Holland ‘n Moontlikheid was dat Abraham le Fleur die seun van ‘n Franse droster was wat hom iewers in die 1820’s teen Outenikwarivier tuis gemaak het. Nog ‘n onbewese stelling is dat sy ma ‘n Skotse edelvrou was van die Graaff-Reinet distrik met die naam van Annie Reed maar ook dit kan nie histories bevestig word nie. ‘n Moontlikheid is dat Annie Reed die afstammeling van sekere Reed en ‘n Khoe-San vrou was en dat hulle ook woonagtig teen die Outeniekwarivier was. Wat ons weet is dat die Kneg se vader iewers in 1826 in die distrik van Uitenhage gebôre is en die naam Abraham gekry het.Edgar, R & Saunders, C. A A S le Fleur and the Griqua Trek of 1917. In “The International Journal of African Historical Studies.” 1982. Boston University.
Volgens gerugte was Abraham le Fleur deel van die strydmagte onder bevel van Luitenant-Goewerneur Andries Stockenström tydens die Sewende Grensoorlog in die Ooskaap gedurende 1846 – 1847 (Andrew le Fleur. Cape Slawery Blog). Abraham kon toe 21 jaar oud gewees het en ons weet dat baie soldate van Khoe-San oorsprong in die magte van kolonel Stockenström was. (Andries Stockenström. Wikipedia Free Encyclopedia) Volgens gerugte het Abraham le Fleur die lewe gered van kol Andries Stockenström en toe het Stockenström vir hom gesê dat hy eendag ‘n seun sou hê en dat hy hom die naam “Andries Stockenström” moes gee. (Belcher, R. 1986) In 1856 was Abraham le Fleur doenig in die Port Elizabeth omgewing waar daar klagtes van o.a. bedrog en diefstal teen hom gelê is. (Besten. 2006: 53) Abraham ontvlug na Philippolis in die “Trans-Oranje” waar hy iewers teen die einde van 1856 aangekom het. Of hy toe reeds getroud was met Annie Reed is onseker maar hulle tweede seun, Andries Abraham Stockenström le Fleur is op die 2de Julie 1867 gebore te Herschell naby die huidige Aliwal-Noord.
Abraham was met die geboorte van Andries woonagtig in Rouxville se distrik en was ‘n vooraanstaande wamaker. Hy kon reeds voor 1860 die persone vergoed wat hy bedrieg het of van wie hy gesteel het want in die hofsake wat op die 1ste Oktober 1860 gehou is in die rondgaande hof te Port Elizabeth is die klagtes teen hom teruggetrek.
Abraham was deel van die kommissie wat Adam Kok III (1811 – 1875) aangewys het om in 1859 ‘n nuwe woongebied vir die Griekwas te gaan soek en tree ook op as sekretaris vir Adam Kok. Om een of ander rede het Abraham nie die trek van die Griekwas na die “Niemandsland” in die huidige Kokstad omgewing meë gemaak nie. (1862 – 1863) (History of Griqua Nation) Miskien was dit omdat die le Fleur’s as mede-burgers van die blanke boere in die Trans-Oranje behandel is (Besten. 2006: 54) Ongeveer 20 jaar verloop voordat Abraham le Fleur en sy gesin op 13 Julie 1885 aankom in Kokstad. (Servant of God. 2003: 5). Kort daarna verhuis hulle na Ongeluksnek waar Abraham ‘n slagtery, bakkery en algemene handelaarswinkel begin. (Andrew le Fleur. Cape Slawery Blog) Abraham was reeds in 1884 deur Margarete – die weduwee van Adam Kok die Derde gevra om op te tree as haar sekretaris en om die Griekwas in Griekwaland-oos te kom help wat in haglike toestand verkeer het. (Besten 2006: 54) Onmiddellik na sy aankoms in Griekwaland-oos het Abraham dan ook betrokke begin raak in allerhande hofsake en ander politiese bedrywighede wat die Griekwa-mense aangegaan het.
Volgens eerwaarde Dower wat sedert 1870 woonagtig in Griekwaland-oos was het Abraham sy seun Andries diepgrondig beïnvloed. Hy skrywe o a “Thereafter Andries le Fleur took up his father’s old song........ The father contended himself with words, speeches, despatches, protests, memorials, lecture, threats; the son prepared for action....He suffered from head-swelling.” (Dower. 1978: 123) Kort voor Andries se 22ste verjaarsdag was hy in die berge naby Matatiele opsoek na sy vader se esels wat weggeraak het. Op die 9de Mei 1889 hoor hy ‘n stem wat met hom praat en hom beveel om die verlore beendere van Adam Kok bymekaar te gaan maak en die Griekwavolk op te roep om een volk te wees. (Besten 2006: 60). Hierdie was beslis die katarsis-oomblik in A A S le Fleur se lewe en die begin van sy opdrag om as “Die Kneg” op te tree. (Servant of God. 2003: 5). Sedert daardie tyd verwys Andries na homself as “Andrew”. (Andrew le Fleur. Cape Slawery Blog) Die ouer inwoners van Griekwaland-oos het hom egter steeds “Andries” genoem. (Dower. 1978: 123) (History of Griqua Nation.) Teen 1890 vestig Andries hom in Matatiele waar hy saam met sy ouer broer Thomas die besigheid “Le Fleur Brothers. Wagon Builders and Black Smiths” begin. In die begin van 1894 neem hy die sekretaris-pos van sy pa oor en begin voltyds vir die Griekwavolk werk. Op die 24ste Februarie 1894 bedank hy daarom as vennoot van die “Le Fleur Brothers”
Daar is onsekerhede oor wanneer presies hy in die huwelik tree met Rachel Susanna Kok. Party geskrifte beweer dit was in 1896 (Belcher. 1986) of in 1897(Andrew le Fleur. Cape Slawery Blog). Wat ons wel weet is dat hy iewers getroud is met Rachel, die jongste dogter van Muis Kok – die jonger broer van Adam Kok die Derde. (Belcher. 1986) Dis was nadat hy in 1895 lid geword het van die Griekwa-kerk in Kokstad. Eerw Dower beweer dit was om politiese aansien te verkry dat hy lidmaat geword het. (Dower. 1978: 166). Die artikel in die Cape Slawery Blog beweer dat na sy kerklidmaatskap en huwelik met Rachel is Andries verkies tot leier van die Griekwas en opvolger van Adam Kok die Derde. Skynbaar was die huwelik aanvanklik nie so gelukkig nie. Rachel was ‘n huishulp in die pastorie van Eerw Dower en was volgens hom ‘n stil en hardwerkende vrou wat nie erg gehad het aan haar man se “dromerye” en skelmstreke nie. (Dower. 1978: 123) Cloete bevestig dit en skrywe dat die Kok familie kwaad was vir Andries weens die Griekwa Rebellie van 1897 en toe vir Rachel probeer oorhaal het om haar man te verlaat.(Cloete. 1986: 75). Sy het egter getrou aan hom gebly en later jare het sy baie eer ontvang as “Moeder van die Griekwavolk” (Cloete. 1986: 75)
Eerste probleme met Britse owerheid aan die Kaap en optredes gedurende Tweede Anglo-Boereoorlog Verdere openbaring. Net soos in sy vroeëre jare word ook hierdie tyd gekenmerk deur baie weersprekings. Aan die eenkant is daar die amperse “helde-verering” van Andries deur sy aanhangers maar die min beskikbare historiese feite weerspreek baie van hierdie bewerings. Volgens die pamflet versprei deur die Griekwagemeenskap (Servant of God. 2003: 6) is Andries verkies tot leier van die Griekwavolk in Junie 1894 na die dood van Muis Kok wat by sy broer Adam Kok die Derde oorgeneem het. Belcer beweer ook so iets (Belcher. 1986) maar die feit is dat Adam Kok die Derde reeds op die 30ste Desember 1875 gesterwe het. Daarna is Muis Kok aangewys as die leier (Andrew le Fleur. Cape Slawery Blog) maar hy sterwe tydens die Griekwa Rebellie van 1879. Dus was daar ‘n tydperk van ongeveer vyftien jaar wat die Griekwavolk geen leier gehad het nie.
Eerwaarde Dower wat sedert 1876 predikant in Kokstad was, skrywe dat drie dae na Adam Kok die Derde se dood – dus op die 3de Januarie 1876, is Cornelius van der Westhuizen verkies as leier. (Dower. 1978: 59) Die Kaapse regering het egter nie sy verkiesing aanvaar en verklaar dat Griekwaland-oos in die toekoms as deel van die Kaapkolonie geadministreer word. (Dower. 1978: 154) Volgens Andries se eie getuienis soos aangehaal in die Kokstad Advertiser van 4 Maart 1894 (Besten 2006: 73) was daar baie persone wat beweer het hulle is die verkose leier van die Griekwas o.a. Ludovick Kok, Gert Rex Kok, Cornelius de Bruin en mev Sophia de Vries. Volgens die Kaapse regeringsdokumente gedateer die 18de Julie 1898 was Cornelius de Bruin die aangewese “hoofman” van die Griekwas wat wettig op ‘n openbare vergadering van Griekwas gekies is. (Besten 2006: 73)
Wat ons wel weet is dat Andries op 24 Februarie 1894 bedank het uit die vennootskap van “Le Fleur Brothers” in Matatiele en daarna voltyds begin werk het vir die Griekwasaak. (Besten 2006: 60) Volgens bewerings in die pamflet “Servant of God” wat deur die Griekwa gemeenskap uitgegee word, het Andries Kaapstad tussen September en Desember 1894 besoek in ‘n poging om die eise van beswaarde Griekwas onder die aandag van die Kaapse Regering te bring. (2003: 6). Teen April 1895 het Andries reeds 349 verklarings van Griekwas afgeneem wat hy aan magistraat Walter Stanford (1850 – 1933) voorgelê het in ‘n poging om die vervreemde Griekwa gronde terug te kry. (Dower. 1978: 166) Hy het verskeie hofsake namens Griekwas gemaak teen blankeboere maar daar het niks van die sake gekom nie. Beinart & Bundy (1987: 57) som die optredes van Andries baie mooi op “There is no doubt that le Fleur himself put forward claims to authority and developed visions of leadership. He achieved some legitimacy not only through his vigorous purseud of land claims but also through his marriage into the Kok familiy.”
Op 17 Desember 1896 stel magistraat Stanford voor dat die Griekwas verhuis na Matabeleland in Rhodesië. Andries was ten gunste daarvan maar hy kon nie die Griekwas oorhaal nie want op ‘n vergadering van die Griekwa Komitee op die 26ste Desember 1896 is die voorstel afgekeur. (Besten 2003: 76) In November 1897 het hy ‘n brief aan Goewerneur Alfred Milner (1852 – 1925) geskrywe waarin hy die eise herhaal het en die Kaapse regering gewaarsku het van opstande en gewapende optredes as hulle nie gehoor gee aan die Griekwa eise nie. (Beinart & Bundy. 1987: 66) Andries vergader ‘n groep militante Griekwas, veral jeugdiges om hom en gaan op die 28ste November 1897 oor tot gewapende opstand. (Andrew le Fleur. Cape Slawery Blog). Die Kaapse regering het onmiddellik die Cape Mounted Rifles opdrag gegee om die opstand te onderdruk en het ‘n losprys van £500 op Andries se kop geplaas. (Servant of God. 2003: 6) Die groep rebelle onder aanvoering van Andries kon by die slag van Driekop nie weerstand bied teen die Cape Mounted Rifles nie en teen die begin van Februarie 1898 was die meederheid van die rebelle of gevange of het vrywillig oorgegee.(Besten. 2003: 90) Andries probeer nog sy teenstanders oorrompel deur te beweer dat God hom ‘n assegaai gegee het met die belofte dat Andries-hulle die oorwinning sal behaal maar ook Andries was nou voortvlugtende wat dikwels van skuilplekke moes verwissel. (Besten 2003: 90) Op die 11de Februarie 1898 soek Andries skuiling by hoofman Sicgau van die Amapondo mense in die Lusikisiki omgewing maar Sicgau laat arresteer hom en handig hom oor aan die Cape Mounted Rifles wat hom na die tronk in Kokstad neem. (Besten. 2003: 91)