Die PZL P.11 is 'n Poolse monovlerk vegvliegtuig wat vroeg in die 1930's ontwikkel is en ook diens gedoen het in die Tweede Wêreldoorlog. Hierdie vliegtuig is ontwikkel van die P.6 en P.7 vegvliegtuie. In die P.7 model was die vlieënier se uitsig belemmer deur die groot stermotor. Motors met 'n kleiner diameter is later gebruik en tesame met ander verbeteringe het dit gelei tot die P.11 wat met drie verskillende motors vervaardig is. Van model P.11c was die meeste vervaardig en dit was toegerus met 'n Skoda of PZL-vervaardigde Bristol Mercury stermotors. Die eerste vliegtuie is gedurende die laaste gedeelte van 1936 aan die Poolse Lugmag afgelewer.
Tydens die inval van Pole deur Duitsland het die Poolse vlieëniers dapper teen die Luftwaffe geveg alhoewel hulle vliegtuie verouder en oorskadu was. Daar word beweer dat 114 P.11's in luggevegte afgeskiet is en dat die P.11's 126 vliegtuie van die Luftwaffe afgeskiet het.
Tegniese besonderhede duimnael|PZL P.11c + Besonderhede van die PZL P.11: Item Statistiek Aantal motore 1 Tipe motor Skroef Vervaardiger PZL/Bristol Mercury V1.S2 stermotor Kraglewering per motor 645 perdekrag Vlerkspan10,72 m Lengte7,55 m Hoogte2,85 m Vlerkoppervlakte19,9 m2 Maksimum opstygmassa1 630 kg Maksimum snelheid390 km/h Operasionele hoogte 8 000 m Togafstand 700 km Klimvermoë 800 m per minuut Bewapening Twee 7,7 mm masjiengewereen ligte bomme onder die vlerke.
Sien ook Lys van vegvliegtuie
Bron Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015.
Kategorie:Vegvliegtuie Kategorie:Vliegtuie van die Tweede Wêreldoorlog