Ellen Johnson Sirleaf (gebore 29 Oktober 1938) het as 24ste president van Liberië gedien, nadat sy ingehuldig is op 16 Januarie 2006. Haar oorwinning is amptelik bekendgemaak deur die Liberiese verkiesingskommissie op 23 November 2005, na die 2005-verkiesing. Sy is die eerste verkose vroulike president van 'n Afrikaland. Joseph Boakai het as haar adjunkpresident gedien.

duimnael|links|Die Amerikaanse ambassadeur Donald E. Booth en Liberië se president Ellen Johnson Sirleaf op haar inhuldigingseremonie duimnael|links|Die Nobelprys vir Vrede-wenners van 2011 in Oslo: Jemen se Tawakkol Karman, die Liberiese Leymah Gbowee en Liberië se president Ellen Johnson Sirleaf (v.l.n.r.). 'n Gegradueerde van Harvard, Sirleaf het betrokke geraak in regering nadat sy die Assistent Minister van Finansies geword het in President William Tolbert se regering in 1979, nadat sy beskuldig is van diefstal van oor die 3 miljoen Amerikaanse dollars. Tydens haar veldtog vir die Senaat in 1985, het sy haar uitgespreek teen die militêre regime, en is gevonnis tot tien jaar gevangeniskap. Sy is egter vrygelaat na 'n kort periode, en het die land verlaat in ballingskap na Nairobi, Kenia en het teruggekeer in 1997 in die kapasiteit van 'n ekonoom, in diens van die Wêreldbank, en Citibank in Afrika.

Aanvanklik 'n ondersteuner van Charles Taylor se rebellie teen Sersant Samuel Doe, maar sy het later voortgegaan om hom te opponeer, en het as kandidaat gestaan in die 1997 presidensiële verkiesing. Sy kon slegs 10% van die stemme inwin, teen oor Taylor se 75%. Taylor het haar aangekla van hoogverraad. Sy het 'n veldtog geloods vir die verwydering van Taylor uit sy amp, en het 'n aktiewe en ondersteunende rol gespeel in die oorgangsregering, soos die land voorberei het vir die 2005 verkiesing. Met Taylor se uittrede het sy die leierskap van die Eenheidsparty oorgeneem.

In die eerste rondte van die 2005 verkiesing, het sy tweede gekom met 175 520 stemme, wat haar deurgesit het na die opvolgverkiesing wat plaasgevind het op 8 November. Sy het te staan gekom teen voormalige sokkerspeler George Weah. Op 11 November het die Nasionale Verkiesingskommissie van Liberië Sirleaf verklaar as President-Elect van Liberië. Op 23 November het hulle die besluit bevestig en het verklaar dat Sirleaf die verkiesing gewen het met amper 20% meer stemme as haar opponent. Onafhanklike-, internasionale-, streeks- en plaaslike- waarnemers het verklaar dat die verkiesing vry, regverdig en deursigtig was.

Me. Sirleaf is die moeder van vier seuns en het ses kleinkinders. In 2011 het Ellen Johnson Sirleaf saam met Leymah Gbowee en Tawakkol Karman die Nobelprys vir Vrede ontvang.

In Desember 2021 het James Sirleaf, een van die seuns van Ellen Sirleaf, in sy woning in Liberië gesterf onder onbekende omstandighede.

Verkiesing

Posisies beklee 1972 – 1973: Assistent Minister van Finansies vir die Regering van Liberië 1980 – c. 1985: Minister van Finansies vir die Regering van Liberië 1982 – 1985: Adjunkpresident van die Afrika Streekskantoor van Citibank, Nairobi 1986 – 1992: Adjunkpresident en lid van die Uitvoerende raad van Equator Bank, Washington, D.C. 1992 – 1997: Direkteur van die VN Ontwikkelingsprogram Streeksburo vir Afrika 1997: Standaardlid van die Eenheidsparty 2004–2005: Voorsitter van die Kommissie vir goeie regering (Liberië) 2005: Standaardlid van die Eenheidsparty; kandidaat vir President

Sirleaf was ook: 'n Stigterslid van die "International Institute for Women in Political Leadership" 'n Lid van die Adviseurende Raad van "Modern Africa Growth and Investment Company" 'n Lid van die Finansieskomitee van "Modern Africa Fund Managers" President van die "Liberian Bank for Development and Investment" President van "Kormah Development and Investment Corporation" Senior Leuningsbeampte vir die Wêreldbank Adjunkpresident van Citibank

Publikasies From Disaster to Development (1991) The Outlook for Commercial Bank Lending to Sub-Saharan Africa (1992)

Toekennings Ontvanger van die 1988 Franklin Delano Roosevelt Vryheid van Spraak Toekenning Ralph Bunche Internasionale Leierskapstoekenning Grand Commander Star of Africa Redemption of Liberia Commandeur de l'Ordre du Togo (Commander of the Order of Togo) Nobelprys vir Vrede in 2011

Verwysings

Eksterne skakels

http://www.guardian.co.uk/elsewhere/journalist/story/0,7792,1595165,00.html http://www.timesonline.co.uk/article/0,,3-1866394,00.html http://www.mercurynews.com/mld/mercurynews/news/world/13132018.htm http://africa.news.neoblack.com/news_item.asp?newsid=701

Kategorie:Liberiese politici Kategorie:Presidente Kategorie:Wenners van die Nobelprys vir Vrede Kategorie:Geboortes in 1938 Kategorie:Lewende mense