duimnael|Kaart wat die ligging van die Pedirkawoestyn aandui.

Die Pedirkawoestyn is 'n klein Australiese woestyn, wat ongeveer 100 km noord-wes van Oodnadatta en 250 km noord-oos van Coober Pedy in Suid-Australië geleë is. Die Witjira Nasionale Park en Mount Deane is net noord van die woestyn geleë.

Die woestyn is klein, en beslaan ongeveer 1250 km²,Geosciences Australia – Deserts. Besoek op 10 Mei 2013. en vorm deel van die Finke biostreek.

Die woestynsand is dieprooi van kleur, met plantegroei van digte mulga woudland. Die duine in die woestyn is laag, wyd-gespasieer, parallel aan mekaar en geërodeer.

Alhoewel die woestyn nie baie aantreklik is vir beweiding nie, word dit al meer ontwikkel.

Verdere artikels Lys van woestyne Klein Sandwoestyn Groot Victoriawoestyn Verwysings

Eksterne Skakels Pedirka Desert at Bonzle

Kategorie:Suid-Australië Kategorie:Woestyne van Australië