duimnael|links|320px|'n HUS-1G van die Amerikaanse Kuswag in 1960. duimnael|280px|'n Amerikaanse Vloot HSS-1 met dipsonar ontplooi, 1960. Die Sikorsky H-34 (maatskappyaanwysing S-58) is 'n suierenjin militêre helikopter oorspronklik ontwerp deur die Amerikaanse vliegtuigvervaardiger Sikorsky as 'n teenduikbootvliegtuig vir die Amerikaanse Vloot. Dit is oraloor gebruik nadat dit aangepas is met turbinekrag deur die Britse lisensiehouer as die Westland Wessex en Sikorsky as die latere S-58T.

Die H-34 het meestal as mediumvervoermiddel gedien, op elke vasteland by die gewapende magte van vyf-en-twintig lande. Dit het in Algerië, die Dominikaanse Republiek, Nicaragua, en die res van Suidoos-Asië geveg; ander gebruike sluit in die redding van vloedslagoffers, oppik van ruimtevaarders uit die see, die bestryding van brande, en die vervoer van presidente. Dit was een van die laaste suier-aangedrewe helikopterontwerpe voor dit vervang is deur turbine-aangedrewe tipes soos die UH-1 Huey en CH-46 Sea Knight.

'n Totaal van 2 108 H-34s is vervaardig tussen 1953 en 1970.

Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Sikorsky H-34: Item Statistiek Tipe motor 1 × Wright R-1820-84 sterenjin Kraglewering 1 525 pk (1 137 kW) Rotordiameter 17,07 m Lengte17,28 m Hoogte4,85 m Skyfoppervakte228,85 m2 Maks. opstygmassa6 350 kg Maks. snelheid278 km/h (173 mpu, 150 knope) Plafonhoogte 1 495m Reikafstand 293 km (182 myl)

Verwysings

Kategorie:Helikopters