Die Blitsbokke is Suid-Afrika se nasionale sewesrugbyspan. Hulle ding mee om die Wêreldrugby Sewesreeks, die Sewesrugbywêreldbeker, die Olimpiese Somerspele en die Statebondspele.
Geskiedenis duimnael|links|Die Blitzbokke tydens die Oktoberfest se sewestoernooi in 2017 Na Suid-Afrika se hertoelating tot internasionale sport het die span hul eerste sewesreeks tydens 1993 in Hongkong gespeel en ook aan die Rugbywêreldbekersewes 1993 deelgeneem. Vir die volgende twee seisoene het hulle weer in Hongkong gaan speel. In 1996 het hulle ook aan die toernooie in Punta Del Este, in Uruguay, en Doebai deelgeneem
In 1997 het hulle weer aan die Sewesrugbywêreldbeker deelgeneem en in 1998 het hulle in drie Suid-Amerikaanse toernooie gespeel — Die toernooi in Mar Del Plata, Argentinië, Punta Del Este, en die Viña del Mar in Chili.
In 1999 het hulle weer in Mar Del Plata gespeel, en ook in die toernooi in Santiago de Chile, Fidji, Hongkong, Japan en Parys.
Aan die einde van 1999 is die eerste Wêreldrugby Sewesreeks gespeel (destyds bekend as die IRR Sewes Wêreldreeks) en die Blitsbokke speel sedertdien in die toernooireeks.
Naas die Sewesreeks, neem die span ook deel aan die Sewesrugbywêreldbeker, die Statebondspele, die Wêreldspele en sedert 2016 aan die Olimpiese Somerspele.
Toernooigeskiedenis Olimpiese Spele Spele Goud Silwer Brons2016 Rio de Janeiro Fidji Groot-Brittanje Suid-Afrika2020 Tokio Fidji Nieu-Seeland Argentinië
Statebondspele Spele Goud Silwer Brons1998 Kuala Lumpur Nieu-Seeland Fidji Australië2002 Manchester Nieu-Seeland Fidji Suid-Afrika2006 Melbourne Nieu-Seeland Engeland Fidji2010 Nieu-Delhi Nieu-Seeland Australië Suid-Afrika2014 Glasgow Suid-Afrika Nieu-Seeland Australië2018 Goudkus Nieu-Seeland Fidji Engeland2022 Birmingham Suid-Afrika Fidji Nieu-Seeland
Wêreldspele Spele Goud Silwer Brons2001 Akita Fidji Australië Nieu-Seeland2005 Duisburg Fidji Suid-Afrika Argentinië2009 Kaohsiung Fidji Portugal Suid-Afrika2013 Cali Suid-Afrika Argentinië Kanada
Wêreldrugby Sewesreeks Reeksseges Suid-Afrika het die volgende reekse van die Wêreldrugby Sewesreeks gewen sedert dit in 1999–2000 die eerste keer gespeel is:
Reeksseges Seisoen Punte Tweede plek Toernooiseges 2008–09 132 Fidji (102) 3 2016–17 192 Engeland (164) 5 2017–18 182 Fidji (180) 2 2020–21 40 Groot-Brittanje (34) 2
Toernooiseges Suid-Afrika het die volgende toernooie van die Wêreldrugby Sewesreeks gewen sedert dit in 1999–2000 die eerste keer gespeel is:
Bekerseges Seisoen Toernooi Eindstrydopponent Telling 2001–02 2002 Wellington-sewes Samoa 17–14 2002–03 2003 Cardiff-sewes Argentinië 35–17 2003–04 2003 Doebai-sewes Nieu-Seeland 33–26 2004 Singapoer-sewes Argentinië 24–19 2004–05 2005 Londen-sewes Engeland 21–12 2005–06 2006 Parys-sewes Samoa 33–12 2006–07 2006 Doebai-sewes Nieu-Seeland 31–12 2007–08 2008 Adelaide-sewes Nieu-Seeland 15–7 2008–09 2008 Doebai-sewes Engeland 19–12 2008 Suid-Afrika-sewes Nieu-Seeland 12–7 2009 Adelaide-sewes Kenia 26–7 2010–11 2011 VSA-sewes Fidji 24–14 2011 Londen-sewes Fidji 24–14 2011 Edinburg-sewes Australië 36–35 2012–13 2013 VSA-sewes Nieu-Seeland 40–21 2013 Japan-sewes Nieu-Seeland 24–19 2013 Skotland-sewes Nieu-Seeland 28–21 2013–14 2013 Suid-Afrika-sewes Nieu-Seeland 17–14 2014 VSA-sewes Nieu-Seeland 14–7 2014–15 2014 Doebai-sewes Australië 33–7 2014 Suid-Afrika-sewes Nieu-Seeland 26–17 2015–16 2015 Suid-Afrika-sewes Argentinië 29–14 2016–17 2016 Doebai-sewes Fidji 26–14 2017 Wellington-sewes Fidji 26–5 2017 Sydney-sewes Engeland 29–14 2017 VSA-sewes Fidji 19–12 2017 Parys-sewes Skotland 15–5 2017–18 2018 Doebai-sewes Nieu-Seeland 24–12 2018 Parys-sewes Engeland 24–14 2018–19 2019 Vancouver-sewes Frankryk 21–12 2019 Singapoer-sewes Fidji 20–19 2019–20 2019 Doebai-sewes Nieu-Seeland 15–0 2020 Los Angeles-sewes Fidji 29–24 2021 2021 Vancouver-sewes Kenia 38–5 2021 Edmonton-sewes Groot-Brittanje 24–12 2021–22 2021 Doebai-sewes VSA 42–7 2021 Doebai-sewes Australië 10–7 2022 Malaga-sewes Argentinië 24–17 2022 Sevilla-sewes Australië 33–7
Sien ook Junior Bokke Opkomende Springbokke Springbokke Springbokafrigters Springbokkapteins
Eksterne skakels
Amptelike webwerf van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie Wêreldrugby-profiel
Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyspanne