'n Kanarieklimop (Senecio tamoides) is 'n immergroen plant in die familie Asteraceae, wat inheems is aan Suid-Afrika, Eswatini en Zimbabwe.

Eienskappe Dit is 'n immergroen plant met glansblare wat tot 4 m hoog word. Groot blomknoppe met heldergeel madeliefagtige blomme en 'n geurige reuk, blom vanaf Maart tot Julie.

Kanarieklimop is 'n slingerplant en nie 'n rankplant nie want dit het nie hegrankies nie. Dit slinger met sy slap stingels teen of om ander plante op of gebruik die ander plante as ondersteuning.

Verwysings

Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Zimbabwe Kategorie:Slingerplante Kategorie:Tuinplante