Kalifornium is 'n chemiese element met die simbool Cf en atoomgetal 98. Dit is 'n vermoedelik grys of silwerige aktinied.

Ontdekking Kalifornium is vir die eerste keer gesintetiseer deur Stanley Thompson, Kenneth Street, Albert Ghiorso en Glenn Seaborg aan die Universiteit van Kalifornië, Berkeley in 1950. Dit was die sesde transurane element wat ontdek is. Hulle bombardeer 242Cm met α-deeltjies in 'n siklotron, waarby die isotoop 245Cf ontstaan. Die naam kalifornium is afgelei van die naam van die universiteit, "University of California" in die staat van Kalifornië, waar die element ontdek is.

Toepassings Omdat kalifornium slegs in klein hoeveelhede beskikbaar is, word dit alleen gebruik vir baie gespesialiseerde toepassings. Folies van 252Cf word by radiologiese navorsing as bron van neutrone en by die opsporing van goud en silwer gebruik. Dit is die swaarste element wat praktiese toepassings het.

Eienskappe Hoewel daar a.g.v. die gebrek aan materiaal weinig ondersoek na die eienskappe van kalifornium uitgevoer kan word, is daar tog enkele data beskikbaar. 252Cf (halfleeftyd 2,6 jaar) verval teen ongeveer 3% deur spontane splyting, waarby neutronstraling ontstaan. Een mikrogram kan 170 miljoen neutrone per minuut uitstuur. Tot op hede is kalifornium nog nie in suiwer metaalagtige vorm waargeneem nie. Die enigste ioon wat stabiel is in waterige oplossing is kalifornium-3 wat onder andere in kalifornium-3-oksied (Cf2O3), kalifornium-3-chloried (CfCl3) en kaliforniumoksichloried (CfOCl) aangetref word.

Verskyning Op die aarde kom kalifornium nie in die natuur voor nie. Dit kan gesintetiseer word in kernreaktors deur ligter kerne soos kurium met neutrone te bombardeer. Teleskopiese navorsing het getoon dat kalifornium wel in oorblyfsels van supernovas voorkom.

Isotope

Stabielste isotope Iso RA (%) Halfleeftyd VV VE (MeV) VP 249Cf sin 351 j α 6,295 245Cm 250Cf sin 13,08 j α 6,128 246Cm 251Cf sin 898 j α 6,176 247Cm 252Cf sin 2,645 j α 6,217 248Cm

Daar is 19 radio-isotope van kalifornium bekend. Die mees stabiele isotoop is 251Cf met 'n halfleeftyd van byna 900 jaar. Ander relatief langlewende isotope is 249Cf en 250Cf met halveringstye van onderskeidelik 351 en 13 jaar. Alle ander isotope het halveringstye van minder as 2,7 jaar.

Toksikologie en veiligheid Omdat kalifornium van nature nie in die biosfeer voorkom nie, is die risiko's nie noemenswaardig nie. Op plekke waar wel met kalifornium gewerk word, moet uiters versigtig met die materiaal omgegaan word as gevolg van die uiterse radioaktiwiteit. In kalifornium kom relatief baie spontane splytinge voor, en die daarby ontstane neutronstraling is baie deurdringend en kan radioaktiwiteit in ander materiaal veroorsaak.

Verwysings

Eksterne skakels

webelements.com/californium/

Kategorie:Kalifornium