Malala Yousafzai (Malālah Yūsafzay: Oerdoe: ملالہ یوسفزئی; Pasjtoe: ملاله یوسفزۍ ; gebore op 12 Julie 1997) is 'n Pakistanse student en onderrigaktivis. Sy is veral bekend vir haar aktivisme om meisies en vroue se regte om skool te bywoon. Yousafzai is oorspronklik van die dorp van Mingora in die Swat-distrik van Noordwes-Pakistan. In Oktober 2012 het sy 'n slagoffer van 'n skietwond aanval geword. Yousafzai is die jongste persoon wat die Nobelprys vir Vrede ontvang het. Sy het die prys in Oktober 2014 op die ouderdom van sewentienjaar saam met die Indiese aktivis Kailash Satyarthi ontvang.
Lewensloop Malala Yousafzai, die dogter van 'n onderwyser, het bekend geword as gevolg van haar stryd vir meisies se reg om skool te bywoon. In 2009 het sy op die ouderdom van elf jaar onder die skuilnaam Gul Makai (koringblom) 'n webjoernaal op die webwerf van die BBC geplaas. In die vorm van 'n dagboek het sy oor die gewelddadighede van die Taliban geskryf.
Terwyl sy op 9 Oktober 2012 in haar skoolbus teruggekeer het, het ‘n Talibanstryder 'n doelgerigte aanslag op haar lewe gemaak, waarby sy deur 'n koeël in haar kop en haar nek swaar gewond is. Dokters van 'n Rawalpindiese hospitaal het die koeël uit haar kop verwyder. Die Taliban het steeds gedreig om haar te vermoor.
Op 15 Oktober het sy Engeland toe gevlieg, waar sy verdere spesialisbehandeling ondergaan het in die Queen Elizabeth Hospitaal in Birmingham. Sy was daar ook veiliger teen die aanvalle van die Taliban. NOS (15 Oktober 2012) Malala in ziekenhuis Birmingham Haar vader het daar werk gekry sodat haar gesin saam met haar in die Verenigde Koninkryk kon bly.
In Januarie 2013 is sy uit die Birminghamse hospitaal ontslaan, maar teen Februarie moes sy terugkeer. ‘n Deel van haar skedel is met 'n titaanprostese herstel. Sy het ook 'n kogleêre inplanting in haar linkeroor ontvang. Op 8 Februarie is sy uiteindelik uit die hospitaal ontslaan. De Morgen (30 Januarie 2013) Schedel van Malala wordt met titanium gerepareerd Trouw (30 Januarie 2013) Malala terug naar Engeland voor operatie Guardian (8 Februarie 2013) Malala Yousafzai discharged from hospital
Verwysings
Eksterne skakels
malala.org
Kategorie:Pakistane Kategorie:Menseregte-aktiviste Kategorie:Wenners van die Nobelprys vir Vrede Kategorie:Geboortes in 1997 Kategorie:Lewende mense