Charles-Augustin de Coulomb (14 Junie 1736 – 23 Augustus 1806), was 'n Franse wetenskaplike, uitvinder en militêre ingenieur.
Hy het by die ingenieurswese skool van Mezieres gestudeer. Hierdie was die eerste instansie van sy soort. Hy is bekend vir die formulasie van Coulomb se wet. Hierdie wet definieer die krag tussen twee elektriese ladings - een van die mees belangrike kragte wat in atoomreaksies 'n rol speel. Coulomb het breedvoerig navorsing gedoen oor wrywing in masjinerie en windmeulens sowel as die rekbaarheid van metaal en sy vesels.
Sien ook SI-eenhede vernoem na mense
Bronnelys Robert L. Boylestad, "Introductory Circuit Analysis," 9de Uitgawe, Prentice Hall Inc., bl. 32-33, 2000.
Kategorie:Franse uitvinders Kategorie:Franse fisici Kategorie:Geboortes in 1736 Kategorie:Sterftes in 1806