Westmount is 'n welgestelde nedersetting op Montreal-eiland in die suidweste van Kanada se Franssprekende provinsie Quebec wat as enklawe volledig deur die stadsgebied van Montreal omsluit word. Die meerderheid van Westmount se bevolking van 19 931 (volgens die sensus van 2011) was tradisioneel Engelssprekend, maar is intussen tweetalig en word, naas dié van Shaugnessy en Kerrisdale (twee buurte van Vancouver) en dié van Lawrence Park, Forest Hill, Rosedale en The Bridle Path (buurte van Toronto), onder die welvarendstes in heel Kanada gereken. Dit was veral Westmount se aantreklike ligging teen die hellings van Mont-Royal wat van die nedersetting 'n gewilde woonplek gemaak het.The Canadian Encyclopedia: Westmount. Besoek op 5 Februarie 2017

Verwysings

Eksterne skakels Toerisme

Tourisme Montréal: All about Outremont and Westmount

Kategorie:Nedersettings in Quebec