Hierdie artikel handel oor die Duitse stad. Vir ander gebruike, sien Hamburg (dubbelsinnig). Vrye en Hansestad Hamburg 280px 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land  Deelstaat 20px Hamburg Koördinate  Stigting 810 Stadstatus 1510/1618 Ryksstad Oppervlakte:    - Totaal 755,09 vk km  Hoogte bo seevlak 6 m Bevolking:    - Totaal (30 November 2024) 1 862 542  - Bevolkingsdigtheid 2 467/vk km  - Metropolitaanse gebied 5 510 000  Tydsone UTC +1 (MET)  - Somertyd UTC +2 (MEST) Klimaat    - Tipe Gematigde seeklimaat  - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 9 °C  - Gem. temp. Januarie/Julie 1,3 / 17,4 °C  - Gemiddelde jaarlikse neerslae 773 mm Burgemeester Peter Tschentscher (SPD) Amptelike webwerf hamburg.de

Hamburg (Duits: [ˈhambʊʁk], , plaaslik ook [ˈhambʊɪ̯ç'], ; Nederduits: Hamborg, [ˈhaˑmbɔːχ]; Nedersaksies: Hambörg) is die naasgrootste stad in Duitsland na Berlyn. Sy hawe is op een na die grootste in Europa en die negende grootste ter wêreld. Hamburg is die sesde grootste stad in die Europese Unie asook die grootste stedelike nedersetting wat nie as hoofstad van 'n lidstaat fungeer nie. Dit is een van die welvarendste stede in Duitsland en toon die vinnigste bevolkingsgroei van alle Duitse metropole.

duimnael|links|Nagaansig van Hamburg se nuwe ikoniese konsertsaal Elbphilharmonie, geleë in die hawebuurt HafenCity (na regs) Die amptelike naam van die stad, Freie und Hansestadt Hamburg (Nederduits: Friee un Hansestadt Hamborg, Verfassung von de Friee un Hansestadt Hamborg. Landeszentrale für politische Bildung Hamburg, Hamburg 1996. (Sien ook Katalog der Hamburger Bibliotheken ) Afrikaans: "Vrye en Hansestad Hamburg"), verwys na sy lidmaatskap in die middeleeuse Hanseatiese Bond van stede en sy besondere status as stadstaat en een van Duitsland se sestien deelstate (Bundesländer). Sedert 1982 tree Hamburg op as setel van die Internasionale Seegeregshof, die belangrikste instelling van die Verenigde Nasies in Duitsland.

Die stadstaat en administratiewe gebied van Hamburg het 'n oppervlakte van 755 km² en 'n bevolking van 1,862 miljoen, terwyl 'n bykomende 750 000 inwoners in nedersettings net buite die stadsgrense gehuisves is. Die metropolitaanse gebied van Hamburg (Metropolregion Hamburg) sluit gebiede van die aangrensende deelstate Sleeswyk-Holstein en Nedersakse in, met 'n oppervlakte van 18 100 km² en meer as vyf miljoen inwoners.

Hamburg lê teen drie riviere, die Alster, Bille en Elbe. Eersgenoemde vorm twee kunsmatige mere, die Binne- en Buite-Alster (Binnenalster en Außenalster), wat in die hart van die middestad lê.

Naas die samehangende stadsgebied is daar ook vier eksklawes. Drie klein eilande in die Noordsee (Neuwerk, Scharhörn en Nigehörn), wat sowat 100 kilometer noordwes van Hamburg geleë is maak, net soos die nasionale park Hamburgisches Wattenmeer, deel uit van die stadstaat.

Etimologie Die oorsprong van die naam is onduidelik. In 1557 het Adam Tratziger in sy boek Der alten weitberuhmeten stadt Hamburg chronica und jahrbucher die woord hamme as "hout" of woud" geïnterpreteer, maar daarna verwys dat "die Friese (…) "'n plek van weivelde en vleie, waarop hul vee wei" hamme genoem het. Vir die nabygeleë dorp, die huidige stadsdeel Hamm, stel Tratziger egter 'n afleiding van 'n adellike gesin met die naam Hamme voor, waarvan die laaste nasaat Adam von Hamme die dorp aan die stad verkoop het, maar dié "ware berig... kan nie by enige ander geskiedkundige gevind word nie" en daar is geen ander bekende bron behalwe Tratziger s'n nie. Die daarop gebaseerde interpretasie as "in die moerasland uitgestrekte beboste heuwel, bos“ word intussen verwerp.

Volgens 'n ander benadering, wat die Middeleeuse terreintoestande – wat van die huidige s'n verskil – in ag neem, is die stadsnaam ontleen aan die Germaanse *ham- "hoek, hoekige terrein langs riviere, baai" (soos by Hameln), Oudhoogduits hamm "buig, ou rivier, stuk grond tussen slote, knieholte, agterste buiging“; Oud-Saksies hamm(a), Oud-Fries hamme, Middelnederduits ham, Noord-Fries Hamm, Haam "land in 'n rivierdraai; landtong; iets geboë". Hamburg sou dus "die by 'n draai in die rivier, op 'n landtong geleë plek" beteken. Volgens Rainer-Maria Weiss in 2016 beteken die Oud-Saksiese woord ham "omheinde weiland" of "afgebakende baai", waarmee Hammaburg "weilandkasteel" of "baaikasteel" sou beteken. Die naamdeel -burg is aan die Germaanse woord burg ontleen, wat naas "versterkte heuwel" ook "nedersetting" kan beteken.

Geografie duimnael|Hawehowe in Hamburg Hamburg lê in die noorde van Duitsland, by die monding van die Alster- en Billeriviere in die Elbe wat 110 kilometer verder noordwes in die Noordsee uitmond. Die natuurlike getyehawe van die stad strek oor die hele breedte van die Elbe en lê hoofsaaklik aan die suidoewer van die Norderelbe, teenoor die stadswyke St. Pauli en Altona.

Die diepseehawe se vier houerterminale behoort tot die grootstes wêreldwyd. Die twee oewers is deur brûe in die ooste en die Ou en Nuwe Elbe-tonnel met mekaar verbind. Die gebied suid en noord van die rivier is geest, hoër geleë land wat tydens die Ystydperk deur gletsers gevorm is.

Dyke langs die Elbe beskerm die stad teen vloedwater, wat in vroeër tye groot dele van Hamburg herhaaldelik oorstroom het. Die Alsterrivier is in die binnestad gestu en vorm nou 'n meer, wat in twee dele gesplits is – die Binne- en Buite-Alster. Talle kanale lei water na die mere, wat deur uitgestrekte parke omring word. Daar is altesaam 2 485 brûe in Hamburg wat die kanale en klein riviere oorspan. Die stad beskik oor die grootste aantal brûe in Europa (meer as Venesië met 400 en Amsterdam met 1 200 altesame). Die Zeit, nommer 34 (2002)

Die huidige grense van die stad is ingevolge die Wet oor die Vorming van Groot-Hamburg van 1 April 1938 vasgelê. Hamburg is na Berlyn volgens oppervlakte en bevolking die tweede grootste stad van Duitsland.

Klimaat duimnael|links|Hamburg soos vanaf die Internasionale Ruimtestasie gesien duimnael|Lugbeeld van Hamburg duimnael|'n Reënerige dag in Hamburg As gevolg van die maritieme invloede het Hamburg in vergelyking met die oostelike agterland 'n gematigde, vogtige klimaat wat deur 'n minder wisselvallige weer as die binnelandse gebiede gekenmerk is. In die algemeen het die noorde van Duitsland ietwat laer temperature en meer reënval as die suide, maar danksy die maritieme invloed is die winters milder.

Die gemiddelde wintertemperatuur in Hamburg is 2 °C, die gemiddelde somertemperatuur sowat 22 °C. Julie is die warmste maand met 'n gemiddelde temperatuur van 17,0 °C, Januarie die koudste met 'n gemiddeld van 0,0 °C. Warm somerdae met meer as 25 °C kom tans gereeld voor. Die gemiddelde jaarlikse reënval is 714 millimeter, en op sowat 52 dae van die jaar lê misbanke oor die stad.

Stormagtige weer tree veral in die winter op, terwyl die tydperk tussen Julie en Oktober die natste van die jaar is. Reënbuie is in hierdie tydperk sterker en behels meer reënwater as die ligte reën wat in die res van die jaar val. Alhoewel selfs Hamburgers dikwels na hul tipiese Schmuddelwetter of reënweer verwys, kry Hamburg minder neerslae as byvoorbeeld München.

Geskiedenis Vroeë geskiedenis duimnael|links|Hamburg: Die Binnen-Alster in die aandskemering duimnael|Argeologiese opgrawings op die Domplatz ("Katedraalplein") Sowat 17 000 jaar gelede het die smeltwater van die laaste ystyd in die gebied afgevloei en dit was moontlik nomadiese jagters en versamelaars wat hulle as eerste nedersetters hier gevestig het, soos uit argeologiese vondste uit die Laat Steentydperk blyk.

Die eerste permanente nedersettings dateer uit die 4de eeu v.C. Daar word soms beweer dat Romeinse ekspedisies die gebied van Hamburg verken het, maar tot dusver het geen opgrawing hierdie legende gesteun nie. By die samevloeiing van die riviere Alster, Bille en Elbe het 'n klein heuwel in die moerasgebied van die rivierdelta verrys waar Noord-Albingiese Sakse hulle in die tydperk tussen die 4de en 6de eeu n.C. gevestig het. Die dorp wat omtrent 600 ontstaan het, is naas Noord-Albingiese Sakse ook deur Slawiese Abotriete uit die gebied van die huidige Schwerin bewoon. 'n Handelsroete wat oor die Alster geloop het, het van die dorp 'n belangrike handelsplek gemaak.

Die Hammaburg-vesting duimnael|Villa's langs die Elbe-oewer Die naam "Hamburg" is afgelei van die eerste permanente gebou, die Hamma-burg, 'n vesting wat Karel die Grote in die tydperk tussen 808 en 810 (ander bronne gee 825 as ontstaansjaar) as 'n militêre voorpos teen Slawiese invalle naby die nedersetting laat oprig het en waarvan die presiese afmetings (130 by 130 meter) bekend is.Klaus-Joachim Lorenzen-Schmidt und Ortwin Pelc (reds.): Das neue Schleswig-Holstein Lexikon. Tweede hersiene uitgawe. Kiel: Wachholtz 2006, bl. 232 Die beskerming deur die vesting en die gunstige ligging het ook sowat 200 ambags- en koopmanne gelok wat hulle beskeie huise wes en suid van die vesting opgerig het. Die plaaslike ekonomie het aanvanklik op akkerbou, veeteelt en vissery gebaseer. 'n Klein rivierarm van die Alster het as hawe gedien.

Net soos ander vroeë nedersettings in die Noord- en Oosseegebied klassifiseer historici die 9de eeuse Hammaburg as 'n wik-nedersetting (afgelei van die Latynse vicus "gehuggie, plaas, dorpie"), 'n vroeë vorm van 'n Middeleeuse stad. Vir koopmanne uit die Rynland en Friesland het Hammaburg reeds 'n funksie as poort na die ooste vervul – keramiek, wyn, meulstene, lakens en linnegoed is hier aangebied, waarby die kopers hoofsaaklik Slawiese vorste uit Oos-Holstein en Mecklenburg was. Ook Slawiërs (Saksers, Dene en baie bewoners van Slawiese gebiede) is hier te koop aangebied. Ernst Christian Schütt: Die Chronik Hamburgs. Dortmund: Chronik Verlag 1991, bl. 13

In 834 het Hamburg die setel van biskop Ansgar, die "Apostel van die Noorde", geword. 'n Vloot van seshonderd Wiking-skepe het Hamburg in 845 aangeval en die dorp, wat teen hierdie tyd sowat vyfhonderd inwoners getel het, volledig verwoes. Hamburg was vanaf die 11de eeu 'n belangrike sentrum vir die handel met die Skandinawiese lande en die basis van sendelinge, wat met die kerstening van Noord-Europa begin het.

In 1030 is die stad 'n tweede keer deur die Poolse koning Mieszko II aan die brand gesteek. Ná twee verdere aanvalle deur Slawiese krygers uit die ooste in 1066 en 1072 is die biskop se setel na Bremen verskuif.

Keiser Frederik I Barbarossa het in 'n oktrooi wat in 1189 vervat is, Hamburg se vrye toegang tot die Neder-Elbe gewaarborg. Danksy die nabyheid van die belangrikste handelsroetes van die Noord- en Oossee het Hamburg vinnig tot een van die belangrikste hawens van Noord-Europa gegroei, en sy verbond met die hawestad Lübeck aan die Oossee in 1241 word as die oorsprong van die Hanseatiese Bond van handelstede beskou. Onlangse navorsing het die keiser se dokument, wat nog steeds in 'n stedelike museum vertoon word, as 'n vervalsing uit die jaar 1265 ontmasker – Hamburg het dus nie werklik stadstatus gekry nie.

Hamburg as Hansestad links|duimnael|Lombardbrug met Binne- en Buite-Alster duimnael|Hamburg omstreeks 1500 duimnael|Hamburg omstreeks 1700 Hamburg het in 1321 amptelik by die Hanse aangesluit, maar terwyl die meeste Noord-Duitse stede hulle onder die leiding van Lübeck veral op die seehandel met die Oosseegebied en die Skandinawiese lande toegespits het, het Hamburg vanweë sy geografiese ligging voortgegaan om veral met lande in die Noordseegebied handel te dryf.

Die besondere status wat Hamburg geniet het, was nie altyd met die Hanse se beginsel van 'n gemene koopman versoenbaar nie en het dikwels tot geskille met ander Hansestede, waaronder veral Lübeck, gelei. Hamburg het byvoorbeeld in 1367 geweier om by die Keulense Konfederasie en hulle stryd teen die Koninkryk van Denemarke aan te sluit. Eers ná die oorwinning oor koning Waldemar IV in die tweede oorlog het Hamburg sy houding geleidelik verander.