Die PPS 35 tonner lokomotief van 1887 is 'n negentiende-eeu lokomotief. Twee van hierdie lokomotiewe is oorspronklik deur die DelagoaBaai spoorlyn vanaf Nasmyth, Wilson & Co bestel en kry die nommers 3 en 4. In 1897 is No 3 aan die Pretoria-Pietersburg spoorlyn Maatskappy verkoop waar hy die bynaam "Portugees" gekry het.
Die "Portugees" is gebruik as'n werkslokomotief tydens die bou van die Pretoria-Pietersburg spoorlyn en daarna as 'n hooflynlokomotief. In Junie 1898 het hy die eerste openbare trein tussen Pretoria en Warmbad getrek.
duimnael|links|Die Portugees bedek met vlae tydens die opening van die PPS In Oktober 1899 breek die Tweede Vryheidsoorlog uit en die PPS is deur die ZAR regering onteien en aan NZASM oorhandig. Volgens die gewoonte in NZASM is die lokomotief as die "35 tonner" bekend. Tussen Mei 1900 en Maart 1901 val die Pretoria-Pietersburg spoorlyn onder die beheer van die Britse magte en is deur die Imperial Military Railways bestuur.
Na die oorlog kom al die spoorlyne in die Transvaalkolonie (voorheen die ZAR) onder die beheer van die Sentraal-Suid-Afrikaanse Spoorweë (CSAR). In 1908 verkoop die CSAR die Portugees aan die Olifantsfontein Brick & Tile Company vir £750. Daar werk hy as 'n rangeerlokomotief totdat hy buite werking gestel is.
Verwysings
Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine