Die strandgombos (Pteronia uncinata (Burm.) DC.) is 'n struik wat endemies aan Suid-Afrika is. Dit kom in die Wes-Kaap voor en is op die SANBI-rooilys as veilig (LC) gelys.

Die plant kom van Malmesbury tot Clanwilliam aan die kus op sandgronde voor. Die struikie het verskeie regop stammetjies en kan 30 – 90 cm hoog word. Die blare is onbehaard en naaldagtig en staan dikwels met drie saam. In die somer kry die plant geel blommetjies. Die blomhofies is silindries en tot 3 cm lank en word op die toppe van die takke aangetref. Hulle versprei 'n heuninggeur.

Verwysings

uncinata Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika