Kennisleer (ook: kennisteorie, kenteorie, epistemologie, of roëtiek) is 'n vertakking van die filosofie en behels die studie van die teorie van die oorsprong, die aard, die metodes en die grense van kennis. Dit hou verband met die beginsels waarvolgens onderskei kan word tussen dit wat waar en onwaar is, en dui ook die moontlike grense aan vir ons vermoë om te dink, waar te neem, en te verstaan. Dit word dikwels gekontrasteer met ontologie.
Etimologie Die woord "epistemologie" kom van die Griekse woord episteme wat "kennis" beteken en logos wat "woord" of "segging" beteken.
Geskiedenis Antieke Grieke Die epistemologie is so oud soos die filosofie self. Die Griekse filosofie begin met die natuurfilosowe Thales van Milete en Anaximander. Anders as die mite benader hulle die natuur op 'n radikaal naturalistiese en materialistiese wyse; alles kan herlei word tot 'n oerstof, byvoorbeeld water, lug of die onbepaalde (apeiron). Refleksie oor die grondslae van "kennis" van die kosmos is by hulle nog nie te bespeur nie.
Die eerste aanduidings hiervoor vind mens by Xenophanes, wat sterk kritiek uitspreek op die tradisionele godsdiens, maar ook op die Ioniese natuurfilosowe. Hy kritiseer die antropomorfe (menslik-feilbare) karakter van die Griekse gode en stel dat mense niks seker oor die gode kan weet nie. Hierdeur staan Xenophanes bekend as die eerste agnostikus en skeptikus., "Xenophanes' Scepticism", Phronesis, Vol. 23, No. 1 ,1978, bl. 1-21. Dit is egter eers by Herakleitos dat mens vir die eerste van 'n volwaardige kennisleer kan praat. Ook Herakleitos dui steeds 'n oer element aan, naamlik vuur, as basis van die kosmos. Vuur moet volgens Herakleitos egter nie slegs as die basisbousteen beskou word nie, maar ook as die ordenende beginsel van die kosmos opgevat word; die ewige stryd en tegelykertyd eenheid van teenoorgesteldes orden die kosmos. Xenophanes pas die idee van vuur as ordenende beginsel ook toe op die mens. Die mens is in staat om kennis te vergaar omdat ook die menslike siel 'n vuurige substansie is, en die gelyke (die mens) kan die gelyke (die kosmos) nou eenmaal verstaan. Soortgelyke idees is ook te vinde by Anaxagoras en Empedokles.
Die sofiste was die eerste Griekse filosowe wat die aard van kennis as probleem gestel het. Sofiste was rondtrekkende leerraars, soos Protagoras en Gorgias, wat deur hulle kontak met verskillende kulture, kennis as iets relatiefs sien. Sekere kennis was eintlik nie moontlik nie; alles is subjektief, alles is relatief. Dit hang van mens tot mens af of iets warm of koud is, ensovoort. Antieke filosowe soos Sokrates, Plato en Aristoteles reageer hierop; vir hulle was daar wel deeglik 'n vaste fondament, wat egter nog deur die filosowe gevind moes word., Historische inleiding tot de Wijsbegeerte, Universitaire Pers Leuven, 1989, bl. 35.
Plato In navolging van die sofiste en relativiste vra Plato hom af of kennis moontlik is. Die epistemologie wat deur Plato ontwikkel word is onlosmaaklik verbind met sy etiek, omdat hy dink dat om byvoorbeeld regverdig te wees, dit noodsaaklik is om te weet wat "regverdigheid" is. Om kennis van sulke begrippe te kan fundeer, stel Plato sy Ideëleer voor, waarin hy verklaar dat ons siel voor die geboorte in die Ideëwêreld was en daar volmaakte kennis van die idees opgedoen het. Met ons geboorte het ons hierdie kennis egter weer vergeet. Dit kom nou daarop neer via die dialektiese en sosiaal metodes om hierdie kennis, wat diep in die mens sit, terug te wen. Die vermoë tot kennis van die noodsaaklike en universele beginsels is volgens Plato in elke mens teenwoordig, maar mens dit moet egter weer daaraan herinner (anamnese) word. Volgens Plato is kennis nie gebaseer op aardse ervaring agteraf nie (a posteriori), maar gaan alle kennis aan die aardse ervaring vooraf (a priori)., "Plato", The Stanford Encyclopedia of Philosophy, 2015, (red.), besoek op 11-01-2017.
In die dialoog Theaetetus stel Plato 'n ander definisie van kennis voor, naamlik kennis as 'n "geregverdigde ware opvatting" (justified true belief). Hierdie definisie van kennis is tot op hede 'n baie gedebateerde siening van kennis in die epistemologie en die analitiese filosofie.
Aristoteles duimnael|Aristoteles Aristoteles hanteer 'n geheel ander visie op kennis as Plato, maar ook Aristoteles stel dat kennis wel deeglik moontlik is. Die begrip "regverdigheid" en die kennis van wat dit inhoud, haal die mens volgens Aristoteles via 'n abstrakte proses uit konkrete beleefde situasies. Kennis moet dus nie gesoek word in 'n ander wêreld (transendensie) nie, maar in hierdie wêreld self (immanensie)., Historische inleiding tot de Wijsbegeerte, bl. 37-38. Kennis kom by hom voort uit die waarneming, en Aristoteles kan dan ook beskou word as die eerste empiris. Hy sal dan ook sistematiese tekste skryf, gebaseer op empirisisme, oor die kennis in die biologie en fisika.
Ook beweer Aristoteles in die eerste hoofstuk van sy werk Metafisika (A1-2) dat die mens van natuur na kennis verlang, wat blyk uit die plesier wat die mens ontleen van die sensoriese waarneming (aisthêsis). Uit die waarneming ontstaan die geheue (mnêmê), 'n soort innerlike nabeeld wat deur herinnering opgeroep word. Baie waarnemings en die herinnering daaraan lei tot ervaring (empeiria). Vakkundigheid of "kuns" (technê) kom voort uit baie herhaalde ervaring van soortgelyke situasies; 'n voorbeeld wat Aristoteles uitwerk is die geneeskunde. Technê is volgens hom altyd prakties of produktief. Baie professionele mense doen soms hul werk sonder om presies te weet wat hulle doen, maar die meesters weet wat hulle doen en kan dus hul professionele kennis oordra. Wetenskaplike kennis (epistêmê) is nie produktief nie, maar altyd teoreties: epistêmê is kennis vir die doel van kennis en het nooit gefokus op praktiese gebruik of plesier nie. Aristoteles gee geen definisie van kennis nie, maar herlei dit tot die eienskap van nuuskierigheid of weetgierigheid.
Klassieke skeptisisme Na die dood van Aristoteles was die volgende nuwe element in epistemologie die ontstaan van die skeptisisme. Binne hierdie klassieke Griekse skeptisisme moet twee vorme onderskei word. Die akademiese of dogmatiese skeptisisme wat ontstaan het in die Akademeia, die skool van Plato, waarvan Arkesilaos as die eerste skeptikus beskou kan word. Hierdie skeptici het aangevoer dat niks met sekerheid geken kan word nie en daarom probeer om die tesisse van die ander skole te verwerp."epistemology." Encyclopædia Britannica. Encyclopædia Britannica Online Academic Edition. Encyclopædia Britannica Inc., 2012. Besoek op 16-06-2012. Hulle was sterk geïnspireer deur Plato se vroeëre dialoë, wat altyd geëindig het in 'n aporie om die leser te stimuleer om vir hulleself te dink.
Die tweede variant van skeptisisme, pyrrhoisme (vernoem na Pyrrho van Elis), het 'n ander skeptiese posisie verdedig. Bekend is die werk van Sextus Empiricus waarin hy die basiese beginsels van pyrrhonisme verduidelik. Pyrrho argumenteer dat 'n mens stellings kan bevestig of ontken, en daarom moet 'n mens homself/haarself daarvan weerhou om kennis te eis. Volgens die pyrrhonistiese leerstelling kan ekwivalensie gevind word vir beide stelling en voorspelling. Die onrus wat met nie weet nie gepaard gaan, kan uiteindelik oorwin word deur die oordeel op te skort.
Atomisme duimnael|Leucippus In die atomisme van Leucippus en Demokritus vind mens ook 'n uitgewerkte kennisleer, wat later verder deur Epikurus uitgewerk word. Die visie van atomisme beteken dat alles bestaan uit ewige en onveranderlike atome wat slegs in vorm en grootte verskil. Die voorwerpe wat ons sien is net groepe van per ongeluk saamgesmelte atome. Dit dwing denkers soos Demokritus om te dink oor hoe ons dinge nog kan ken, veral dinge soos kleure en reuke wat eintlik nie bestaan nie (omdat hulle nie atome is nie).
Demokritus stel dus voor dat alle voorwerpe voortdurend 'n soort beeldjie (eidôla) afskei waarin die struktuur van die atome nog steeds vervat is. Ons persepsie, en verder, ons kennis van die voorwerpe word veroorsaak deur ons sintuie wat hierdie beelde opvang. Dus sien ons die atome nie direk nie, maar indirek deur hierdie beelde. Atome self is nie bitter, soet of rooi nie, maar die effek word deur ons sintuie geproduseer. Sodoende is Demokritus die eerste wat 'n onderskeid maak tussen primêre en sekondêre eienskappe. Benewens hierdie figure, laat Demokritus ook baie ruimte vir die intellek as die oorsprong van kennis. Na alles, op grond van ons persepsie, sou ons nooit van iets soos 'n atoom weet nie. Dit is slegs moontlik deur die verstand, hoewel die empirisme ook hierin 'n rol speel. & & (red.), The Atomists, Leucippus and Democritus: Fragments : a Text and Translation with a Commentary, University of Toronto Press, 1999, bl. 143, besoek op 18-06-2012., "Democritus", The Stanford Encyclopedia of Philosophy, 2011, (red.), besoek op 18-06-2012.
Epikurus bou later verder op hierdie sienings., "Ancient Atomism", The Stanford Encyclopedia of Philosophy, 2011, (red.), besoek op 18-06-2012. Ten einde te bou op sy epikurisme, wat ook op atome gebaseer is, gaan Epikurus op soek na onbetwisbare beginpunte. Hy het hierdie bepaalde grondslae in persepsie gevind naamlik die voorwerpe wat ons sien, gee ons 'n werklike struktuur, wat blyk uit die feit dat ons dit juis evalueer. Soos Demokritus verduidelik hy die waarneming deur middel van die voorgenoemde beelde en verklaar dat dit onbetwisbaar is: "elke waarneming is waar" volgens Epikurus. Dit word veroorsaak deur iets wat regtig in die wêreld bestaan. Op grond van hierdie waarnemings maak die mens natuurlik oordele, wat op sigself twyfelagtig is. Epikurus sê egter, ons kan altyd deur die waarneming nagaan of hierdie oordeel waar is of nie. Dus kom hy na vore as 'n ware empiris.
Daar is egter ook voorwerpe wat nooit regstreeks en direk waargeneem kan word nie, ten minste nie duidelik genoeg nie. Dit het hoofsaaklik betrekking op hemelse voorwerpe soos die son en klein voorwerpe soos atome. Epikurus erken dat dit nie behoorlik waargeneem kan word nie, maar beweer dat dit indirek getoets kan word deur na die gevolge en newe-effekte daarvan te kyk of analogie-bewyse te gebruik. Alhoewel hierdie indirekte bewyse nie tot bevestiging kan lei nie, maar tot weerlegging of wat hy 'nie-weerlegging' noem (ouk antimarturêsis); waarvolgens die stelling oor hierdie obskure voorwerp is moontlik waar (nie uitgesluit nie).
Middeleeue In die Middeleeue ontstaan nuwe elemente in epistemologie onder die invloed van die opkoms van die Christendom. Die meeste, indien nie alle filosowe in die Middeleeue was ook teoloë. Hulle filosofie was onlosmaaklik gekoppel aan denke oor God. Hul epistemologie het dus hoofsaaklik op God en Christelike konsepte staatgemaak.
So wys Augustinus van Hippo die kerkvader, op die feit van die oorspronklike erfsonde. Kennis was nog steeds moontlik, maar slegs as gevolg van die lig wat deur God geskenk is. Augustinus maak staat op baie platoniese elemente en verklaar dus dat kennis bestaan uit tydlose, onveranderlike idees wat hy in teenstelling tot Plato in God plaas. Daarbenewens is Augustinus ook bekend vir sy stryd teen die skeptisisme. Dit is bekend dat "as ek mislei word, bestaan ek" (Si fallor, sum) waarmee hy die bekende stelling van René Descartes, cogito ergo sum, 1200 jaar voor was. Hierdie idee het beteken dat as iemand inderdaad mislei word, kan mens tog seker wees dat daar iets is wat mislei word. duimnael|Thomas Aquino