Rennes-le-Château is 'n Franse nedersetting in die département Aude (région Languedoc-Roussillon) met 77 inwoners (2018). Dit speel danksy 'n aantal spekulatiewe teorieë in verband met die Heilige Graal, die Orde van die Tempeliers en die Kathare 'n groot rol in esoteriese kringe.
Geografie duimnael|center|300px
Geskiedenis Rennes-le-Château verwerf sy bekendheid danksy die geestelike Abbé Bérenger Saunière (11 April 1852 - 22 Januarie 1917), wat teen die jaar 1890 onverwags 'n verbasende rykdom verwerf. Esoteriese kringe spekuleer nog steeds oor die bron van hierdie rykdom en vermoed dat hy 'n buitengewone histories-argeologiese vonds gemaak het. Die dorp is nou 'n gewilde bestemming vir nuuskieriges, die media en ook skatsoekers, alhoewel die dorpsbestuur enige uitgrawing lankal verbied het.
Demografie 1946 1954 1962 1968 1975 1982 1990 1999 2006 2010 103 89 104 90 80 63 88 111 90 72
Eksterne skakels Die amptelike webwerf van Rennes-le-Château
Kategorie:Munisipaliteite in Aude