Die streepstert-nooientjie (Abudefduf sexfasciatus) is 'n vis wat voorkom in die Stille Oseaan, die Indiese Oseaan; meer spesifiek die Rooisee en aan die kus van Oos-Afrika suidwaarts tot by die noorde van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Stripetail damsel.

Identifikasie Die vis word tot 19cm lank en sy lyf is blougroen aan die bokant en wit aan die sye en op die pens. Daar is 5 swart vertikale sterpe oor die sye. Die gevurkte stertvin se rante is swart. Die vis leef in rots kusareas en koraalriwwe in water wat 1 tot 15m diep is. Hier kom hulle gewoonlik in groepe voor bokant die rif. Hulle vreet soöplankton, klein skaaldiere en alge.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014

Eksterne skakel http://www.fishbase.se/summary/Abudefduf-sexfasciatus.html

Verwysings

Kategorie:Beenvisse