Daniel Hugo (gebore 26 Februarie 1955 in Stellenbosch) is ’n Afrikaanse digter, dosent in Afrikaanse en Nederlandse letterkunde aan die Universiteit van die Vrystaat, radio-omroeper en vertaler van veral Nederlandse werke in Afrikaans.

Lewe en werk Daniel Johannes Hugo is op 26 Februarie 1955 as die oudste van sewe kinders van George Euvrard en Margaretha Hugo op Stellenbosch gebore. Sy vader, ’n NG predikant, is voor sy geboorte (1953) beroep na die NG gemeente Warmbad in Suidwes-Afrika en in 1958 na Greyton in die Overberg. In 'n beskouing tot die bloemlesing Land van sonlig en van sterre: Namibië en sy digters stateer Hugo dat hy sy eerste lewensjare tot ongeveer die ouderdom van drie, in Namibië deurgebring het. https://oulitnet.co.za/poesie/hugo_namibie.asp Sy moeder was ’n bibliotekaresse. Daniel het in 1961 begin skoolgaan op Greyton. Op sewejarige ouderdom is sy vader beroep na die NG sendinggemeente Khomasdal in Windhoek waar hy sy verdere skoolloopbaan ondergaan en in 1972 aan die Hoërskool Jan Möhr gematrikuleer het. Vanaf 1973 studeer hy verder aan die Universiteit van Stellenbosch, eers in die Teologie. In 1975 behaal hy sy B.A. Admissie-graad met Grieks, Hebreeus en Afrikaans-Nederlands as hoofvakke. Hy verander dan van studierigting en konsentreer op die letterkunde, waarna hy in 1976 ’n B.A. Honneurs-graad in Afrikaans-Nederlands verwerf. Aan hierdie universiteit is hy lid van D.J. Opperman se letterkundige laboratorium en in 1976 is hy ’n akademiese assistent in die Departement Afrikaans en Nederlands. In 1977 en 1978 doen hy sy militêre diensplig in Pretoria en terwyl hy hier is, skryf hy ook by die Universiteit van Pretoria in vir sy M.A.-graad onder promotorskap van A.P. Grové. In 1979 verwerf hy hierdie graad met ’n verhandeling oor “Brandaan van D.J. Opperman as verwerking van ’n Middelnederlandse teks”. Aan die einde van 1978 tree hy in die huwelik met Christelle Pretorius en hulle het ’n seun, George. In 1979 hou hy ’n jaar lank skool aan die Senior Sekondêre Skool Ella du Plessis te Khomasdal in Windhoek. Vanaf 1980 tot 1988 is hy ’n lektor in die Afrikaanse en Nederlandse letterkunde aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat, maar onderbreek hierdie betrekking in 1983 vir verdere studie aan die Katholieke Universiteit Leuven in België. In 1986 sekondeer die Universiteit van die Oranje-Vrystaat hom vir ses maande terug na Windhoek, waar hy Afrikaans doseer aan die Akademie vir Tersiêre Onderwys in die plek van George Weideman terwyl dié op verlof is. In 1989 word ’n D.Litt.-graad onder promotorskap van J.C. Kannemeyer by die Universiteit van die Oranje-Vrystaat aan hom toegeken vir ’n proefskrif oor “Die digter en sy middele: ’n Ondersoek na die vernufpoësie in Afrikaans”.

Na sy egskeiding sluit hy hom in 1988 by die SAUK aan as omroeper in Kaapstad, waar hy die Afrikaanse letterkunde en kultuur bevorder deur sy gereelde programme Vers en klank, Leeskring, Die tale wat ons praat, Skrywers en boeke en Kuns. Hy maak ook gereeld dokumentêre programme oor Afrikaanse skrywers. Een van die hoogtepunte van sy loopbaan as omroeper is ’n besoek in 1994 aan Israel waar hy ’n dokumentêre program oor die digteres Olga Kirsch maak. Vanaf 1981 is hy 'n bestuurslid van die Afrikaanse Skrywersgilde, maar bedank in 1989 uit protes teen die blatante politieke rigting wat die gilde inslaan. Hy dien vanaf 1989 tot 1996 op die redaksie van New Contrast waar hy verantwoordelik is vir die keuring van Afrikaanse bydraes. Vanaf 1995 tot 2005 is hy sameroeper van die Ingrid Jonker-Prysfonds, en van 1999 tot 2001 dien hy op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees se Kunstekabinet. Sedert 2002 is hy lid van die Nederlandse Maatschappij der Letteren in Leiden in Nederland en ook die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. In Maart 2008 bedank hy by die SAUK se Radio Sonder Grense en sluit hom vanaf April 2008 as uitvoerende direkteur by die Huis der Nederlanden in Kaapstad aan.

Hy het in die vroeë negentigerjare ’n besondere vriendskap met die skryfster Riana Scheepers en trou dan in 2001 met die jeugboekskryfster Carina Diedericks-Hugo, waarna die egpaar hulle op Stellenbosch vestig. Hierdie huwelik ly egter in 2012 skipbreuk. Hy is weer getroud - met die joernalis en uitgewer Marlene Malan - en woon tot 2023 op Prins Albert in die Karoo.https://www.knysnaplettherald.com/Entertainment/Article/daniel-hugo-n-woordsmid-by-uitstek-202005070320 Opgespoor en besoek op 16 Oktober 2020 Sedertdien woon hy in Stellenberg (Durbanville). Hy tree gereeld in die openbaar op, waar hy van sy gedigte voorlees by geleenthede soos Woordfees en Versindaba op Stellenbosch. Verder lewer hy verskeie belangrike lesings. Tydens die Nasionale Leeskringseminaar in Welkom in 1992 lewer hy die lesing “Kan die Afrikaanse poësie lag?”; in November 1997 tree hy by die Boekenbeurs voor Vlaandere in Antwerpen in België op waar Suid-Afrika die hooftema was; in 2007 lewer hy by die Oliewenhuis Kunsmuseum in Bloemfontein die lesing oor die Afrikaanse taal “Ek is ’n arme boerenôi” en in 2008 lewer hy die jaarlikse D.F. Malherbe-gedenklesing by die Universiteit van die Oranje-Vrystaat. Die titel hiervoor was “Die geheime werking van literêre invloed: D.J. Opperman en D.F. Malherbe”.

 Skryfwerk

Poësie Op skool begin hy reeds gedigte skryf en een van sy eerste gedigte is oor reën, wat in Windhoek ’n opspraakwekkende gebeurtenis was. Hy publiseer gedigte in letterkundige tydskrifte soos Standpunte, Tydskrif vir Letterkunde en Ensovoort en debuteer saam met Etienne van Heerden, Koos Kombuis (destyds nog onder die naam André le Roux du Toit) en Peter Snyders in die bundelBrink, André P.: “Standpunte” Nuwe reeks 161, Oktober 1982 “Brekfis met vier”. “Hill, George “Insig” Julie 2005Ambag” (later ook opgeneem in “Die klein aambeeld”) is ’n lang gedig met vierreëlige strofes wat reeds sy tegniese vaardighede tentoonstel.John, Philip “Beeld” 6 Junie 2005 Hierin word die digkuns as ambag gesien, met die digter die ambagsman, die taal die materiaal waaruit die gedig geplooi word om die erotiese ervarings (die vorm) te verwoord. Die gedig gee ook ’n beknopte familiegeskiedenis van die digter. Die bundel erotiese gedigte “Saad uit die septer” publiseer hy onder die skuilnaam Daan van der Merwe. Die meestal kort gedigte (kwatryne of tersines) het ’n speelse inslag met soms vernuftige woordspel om die erotiese toespelings en dubbel betekenisse te kommunikeer. Deur die struktuur en speelse opset is dit ook ’n parodie op D.J. Opperman se “Komas uit ’n bamboesstok”, met hierdie bundel wat ook ’n proloog en epiloog bevat, maar slegs vyf “boeke” teenoor Opperman se sewe “rolle”.

Hy sluit inderdaad aan by die tradisie van Opperman met sy versvorme, rymskemas, strukture en simbole, hoewel sy digwerk geen regstreekse invloede verraai nie.“Korte mette”Cloete, T.T. “Tydskrif vir Letterkunde” Jaargang 21 no. 3, Augustus 1983 (opgedra aan sy eerste vrou) is sy eerste digbundel onder sy eie naam.Cloete, T.T. “Tydskrif vir Geesteswetenskappe” Jaargang 23 no. 4, Desember 1983 Soos die titel aandui, bevat die bundel hoofsaaklik kort verse waarin temas soos die liefde, die poësie, die religie, die huis en ander private dinge behandel word.Le Roux, André “Die Burger” 29 September 1982 Dit is oor die algemeen goed afgewerkte verse wat bedrieglik eenvoudig is en selfs fyn versteekte sosiale kommentaar lewer.

Gedigte wat uitstaan is onder andere “Kluisdief” (met sy konsekwente beelding wat die oplossing vir die ongemaklike stiltes wat tussen die eggenotes kom vergelyk met die oopsluit van ’n kluis met die regte kombinasie), en “Grond” (in die siklus “Vier elemente en ’n epiloog”) waarin die lewensreis se swoeg en sweet in kompakte vorm weergegee word as eindigende by ’n gat in die grond. Daar is ook verse waarin die beminde aangespreek word (“korte mette” en “sonnet”) en verse waarin die liefdespel in die huwelik die tema is (“nokturne” en “hitte hitte perdjie”).  “Eerste liefde” is ’n treffende vers oor die kortstondigheid van liefde, waarin die kat se spel met die muis as metafoor gebruik word. Die kat is verder ook die tema van die verse in die “katstrofes” siklus, met die titel se slim woordspeling op katastrofes. Die duif is ook ’n terugkerende simbool in die bundel en beide die kat en die duif word as metafoor gebruik in die slotgedig “vir die kritici”, waar die kritikus (die kat) die duif (die digter) as prooi het.Brink, André P. “Rapport” 24 Julie 1983“Die klein aambeeld” Britz, E.C. “Die Burger” 25 Augustus 1983(opgedra aan D.J. Opperman) bevat weer hoofsaaklik korter verse, waarin sy statuur as taalvirtuoos en bedrewe digter bevestig word.Cloete, T.T. “Tydskrif vir Letterkunde” Jaargang 22 no. 4, November 1984 Benewens ’n aantal nuwe verse word die oorgrote meerderheidNienaber-Luitingh, M. “Standpunte” Nuwe reeks 169, Februarie 1984 van die verse wat reeds in “Brekfis met vier” verskyn het, weer hierin opgeneem. Die titel van die bundel dui die instrument van die digter aan, wat in hierdie bundel ’n voorliefde toon vir die Persiese kwatryn (rymskema aaba). Die bundel word in twee afdelings verdeel. Die eerste afdeling bevat verse oor die woord in die digkuns, die liefde en die dood. Hier is dit veral  die huldigingsgedig aan “D.J. Opperman”, “Ambag” en “Vir ’n bot meisie” wat die aandag trek. Die eerste van die “Twee kwatryne”, “Meetkunde”, vang die siklus van die mens se bestaan mooi vas in die beeld van ’n sirkel wat deur ’n passer getrek word, met die middelpunt die geboorte en die omtrek dan die dood, die afstand waarvan as “doodver” verwoord word. “Donkerkamer-alchemis” word opgedra aan die Nederlandse digter Gerrit Achterberg. Hierin word Achterberg beskryf as ’n fotograaf wat moeisaam met beperkte middele die volmaakte beeld van die vrou in die foto herskep, metafoor vir die beperkte middele wat ’n digter het om die “volmaakte” gelykenis van sy onderwerp in gedigvorm te laat gestalte kry. Die alchemis van die titel (wat gepoog het om goud uit ander elemente te produseer) word op magiese wyse gerealiseer deur die goue haar wat in die bak agterbly. Die tweede afdeling bevat aangrypende rougedigte in die siklus (“George Euvrard Hugo 1957–1977”) gerig aan sy oorlede broer wat op twintigjarige leeftyd te sterwe kom.Brink, André P. “Rapport” 15 Januarie 1984