Lina Gugat is ’n Afrikaanse digter.
Lewe en werk Sy is nog op skool wanneer sy die boekhouding van ’n motorhawe in Walvisbaai in Namibië behartigLewensbesonderhede verkry uit die artikel in Die Burger van 4 April 1989. ná standerd nege verlaat sy die skool, maar haar liefde vir syfers bly. Sy begin dan werk by ’n ouditfirma en studeer verder, wat haar toelaat om te matrikuleer en ’n sertifikaat in boekhouding te verwerf. In 1974 voltooi sy ook ’n joernalistieke kursus en in die tagtigerjare voltooi sy ’n tweejarige kursus van die Instituut vir Sakestudies, waarvoor sy in Februarie 1989 as die Instituut se beste student vir die vorige jaar aangewys word. Daarna skryf sy haar in vir ’n gevorderde kursus van die Instituut vir Geoktrooieerde Sekretarisse en Administrateurs. Sy werk by ’n versekeringsmaatskappy in Windhoek en word bevorder tot streekbestuurder. In Mei 1980 begin sy haar eie onderneming, Namtax (afkorting vir Namibian Tax), wat aan ondernemings en individue advies gee oor finansiële sake soos inkomstebelasting, boekhouding, versekering en beleggings. Die onderneming is so suksesvol dat sy takke open in Swakopmund, Karibib en Walvisbaai. In Maart 1989 wys die Instituut vir Sakestudies haar aan as die Afrikaanse Sakevrou van die maand. Sy is in 1986 getroud met die Duitser Willfried Gugat en hulle bly op Swakopmund.
Skryfwerk Sy bundel haar gedigte oor Suidwes-Afrika (Namibië) in “Kaleidoskoop”.
Publikasies JaarPublikasies1988Kaleidoskoop
Bronnelys
Boeke Kannemeyer, J.C. “Die Afrikaanse literatuur 1652-2004” Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Eerste uitgawe 2005
Tydskrifte en koerante Anoniem “Top-sakevrou leer ander oor syfers” “Die Burger” 4 April 1989
Ander verwysings
Kategorie:Afrikaanse digters