Die Groot Moskee van Samarra was ’n 9de-eeuse moskee in Samarra, Irak. Dit is in 851 deur die Abbasidiese kalief Al-Moetawakkil voltooi. Dit was ’n tyd lank die grootste moskee in die wêreld; sy minaret, die Malwiya-toring, is ’n spiraal van 52 meter hoog en 33 meter breed by sy basis, met ’n trap om.Kleiner, Fred S. en Christin J. Mamiya. Gardner's Art Through the Ages, 12de uitg. Thomson Wadsworth, 2005
Die moskee het deel gevorm van ’n uitbreiding van die stad na die ooste. Dit het 17 paadjies gehad en die muurpanele was mosïekwerk van donkerblou glas. Die Moskee van Ibn Tulun in Kaïro, Egipte, is in ’n groot mate op die Samarra-moskee geskoei.Behrens-Abouseif, Doris. "Islamic architecture in Cairo: an introduction." American University in Cairo Press: 2005. 51-57
Die moskee self is in 1278 verwoes ná die inval van Hülegü Khan in Irak. Net die buitemuur en sy minaret het bly staan."مسجد سامرا ؛ برخوردار از مناره ای 53 متری و حلزونی شکل" (in Persies). Mehr-nuusagentskap. URL besoek op 27 Maart 2012. Dit was aanvanklik met ’n brug aan die moskee verbind.
In 2005 is die bopunt van die Malwiya-minaret deur ’n bom beskadig. Volgens die Irakse polisie het rebelle die bopunt opgeblaas wat voorheen deur Amerikaanse soldate as ’n uitkyktoring gebruik is; die soldate het egter die maand tevore die toneel verlaat.
Verwysings
Eksterne skakels Die Groot Moskee, Samarra, Irak Foto en inligting
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Samarra Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in Irak