Malik Joyeux (31 Maart 1980 – 2 Desember 2005) was ’n ervare branderplankryer, bekend as die "Klein Prins van Tahiti". Hy was veral bekend vir die ry van gevaarlike branders by Teahupoo, Tahiti, en het een van die grootste branders in die geskiedenis van die sportsoort gery.

Hy was een van Tahiti se bekendste branderplankryers en was in 2004 op die voorblad van die tydskrif Surfer se "Big Issue".Pro Surfer Malik Joyeux Dies at Pipeline

Vroeë lewe Malik is in Frankryk geboreMalik Joyeux obituary, Honolulu Star Bulletin, 7 Desember 2005 en het op ’n vroeë ouderdom na Frans-Polinesië getrek waar sy ma, Hélène, haar drie kinders op die tropiese eiland Moorea grootgemaak het.Honolulu Advertiser, 8 Desember 2005 Hy het op agtjarige ouderdom begin branderplankry.

Hy en sy gesin het jare lank sonder enige luukses in ’n hut naby Haapiti op Moorea gewoon. Dit het geen mure gehad nie; dit was net ’n houtstruktuur met ’n dak, omring deur varings en palmbome. Die see was net ’n paar meter van hul hut.

Sy ouer broer, Teiva, het ’n professionele seilplank- en vlieërbranderryer geword en na Hawaii getrek om sy droom na te jaag. Malik het borgskappe begin kry vir ’n paar klere, branderplanke en vliegkaartjies.

Vir die branderrygemeenskap van Tahiti was hy soos ’n klein boetie. Almal het hom probeer help en Malik het baie teruggegee. Die Franse branderplankryer Didier Piter het Malik in die Europese Gotcha-span help opneem en dit eindelik reggekry om sy reise met ’n amptelike kontrak te finansier.

Dood Op Vrydag 2 Desember 2005 het Malik ’n brander van hoër as 2,4 meter gery by Oahu in Hawaii. Volgens ooggetuies is die neus van sy plank afgedruk en dit het sy spoed vorentoe laat afneem. Hy het vinnig herstel, maar die skade was reeds gedaan. Hy is deur die punt van die brander getref en onderwater gedwing. Die brander se krag het sy plank gebreek. Aamion Goodwin, wat die volgende brander gery het, het gesê die koppelriem van sy plank was ongeskonde; die hele riem is deur die krag van die brander afgeruk. Omdat die plank nie meer aan sy lyf vas was nie, kon niemand sien waar hy was nie. ’n Soektog is gelas, maar niks is aanvanklik gevind nie.

Malik is 15 minute later by Pupukea-strand gekry. Lewensredders en paramedici het hom probeer bybring, maar vergeefs. Volgens ’n nadoodse ondersoek het sy kop waarskynlik die plank getref en is hy bewusteloos geslaan.

Prestasies 1999: Kwarteindronde, Gotcha Tahiti Pro 2000: Kwarteindronde, Gotcha Tahiti Pro 2001: Halfeindronde, Volcom-lugskou 2003: "Billabong XXL Heaviest Tube" 2004: "Monster Tube Award"

Verwysings

Bronne Pro Surfer Malik Joyeux Dies at Pipeline in die tydskrif Surfer Profiel van Malik Joyeux by OxbowOxboworld 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Branderplankryers Kategorie:Hawaii Kategorie:Tahiti Kategorie:Geboortes in 1980 Kategorie:Sterftes in 2005