is ’n Japannese professionele sokkerspeler wat as ’n verdedigende middelvelder vir die Premierliga-klub Liverpool speel en die Japannese nasionale span aanvoer.

Endo het sy loopbaan by die J1-liga-klub Shonan Bellmare begin voordat hy in 2016 na Urawa Red Diamonds verhuis het, waar hy die ligatitel en die 2017 AFC Kampioeneliga gewen het. In 2018 het hy by Sint-Truiden van die Belgiese Pro League aangesluit, voordat hy in 2019 aan die Bundesliga-klub VfB Stuttgart uitgeleen is. Hy het in April 2020 permanent by Stuttgart geteken en was die span se kaptein gedurende sy laaste seisoen in Duitsland. Endo het in Augustus 2023 by Liverpool aangesluit.

Endo het in 2015 sy debuut vir die Japannese nasionale span gemaak en het sedertdien meer as 70 keer vir die nasionale span uitgedraf, insluitend by twee FIFA Wêreldbekertoernooie en twee AFC Asiëbekertoernooie. Hy het Japan vir die eerste keer in Junie 2023 as kaptein aangevoer.

Verwysings

Eksterne skakels National Football Teams

Kategorie:Japannese sokkerspelers Kategorie:Geboortes in 1993 Kategorie:Lewende mense