duimnael|240px|’n Motor se spoedmeter wat die snelheid in kilometer per uur aandui.

Kilometer per uur is ’n eenheid van spoed wat die afstand wat in ’n uur afgelê word in kilometer aandui.

Volgens die Internasionale Buro vir Mate en Gewigte is die simbool (nie afkorting nie) km/h (amptelik in die meeste lande), of . Die afkorting kph is ook soms gebruik. Dit is wêreldwyd die mees algemene spoedeenheid op padtekens en spoedmeters.

In lande wat nie SI-eenhede gebruik nie, is die eenheid "myl per uur" (m.p.u. of MPH ).

Gebruik In die vroeë jare van die motor het elke land sy eie stelsel padtekens ontwikkel. In 1968 is die Weense Konvensie vir Padtekens opgestel om tekens wêreldwyd eenvormig te maak. Baie lande het dit al aangeneem, en in ander lande is padtekens daardeur beïnvloed.

In Suid-Afrika is padtekens geskoei op die SAOG-padverkeerstekenhandleiding, ’n dokument wat ten doel het om padtekens in lidlande van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap eenvormig te maak. ’n Wit agtergrond beteken die teken is permanent en ’n geel agtergrond dat dit tydelik is. Spoedbeperkingstekens is swart syfers in ’n rooi sirkel.

So lyk van die tekens in ’n paar lande:

Omrekenings 1 km/h ≈ 0,277 78 m/s 1 km/h ≈ 0,62137 mph (myl per uur) 1 knoop ≡ 1,852 km/h (presies)

Verwysings

Kategorie:Meeteenhede Kategorie:SI-eenhede