duimnael|400x400px|Diskant- en bassleutel getoon met die name van die note.

’n Sleutel is ’n musieksimbool wat gebruik word om die toonhoogte van geskrewe note aan te dui.Streng gesproke dui die sleutel nie die 'toonhoogte' van die note aan nie, maar hulle 'name'; die eintlike toonhoogte kan wissel na gelang van die stemmingstelsel of die standaard wat gebruik word. Dit word op een van die lyne van aan die begin van die balk geplaas en bepaal die naam en toonhoogte van die note op daardie lyn. Hierdie lyn is die verwysingspunt waarvolgens die naam van ’n noot op enige ander lyn of spasie van die balk bepaal kan word. Net een sleutel wat na ’n noot in ’n spasie verwys eerder as op ’n lyn is nog ooit gebruik.

Daar is drie soorte sleutels wat in moderne musieknotasie gebruik word: F, C en G. Elke soort sleutel ken ’n ander verwysingsnoot aan die lyn toe (en in seldsame gevalle, die spasie) waar dit geplaas is. (G- en F-sleutels word in die oorgrote meerderheid van moderne musiek onderskeidelik as diskant- en bassleutels gebruik.) Sleutel Naam Noot Lyn senter|82x82px G-sleutel / Diskantsleutel G4 loop deur die krul van die sleutel. senter|42x42px C-sleutel Middel-C (C4) loop deur die middel van die sleutel. senter|33x33px F-sleutel / Bassleutel F3 loop tussen die twee kolletjies van die sleutel. Sodra een van hierdie sleutels op een van die lyne van die notebalk geplaas word, kan die ander lyne en spasies in verhouding daartoe gelees word.

Die gebruik van drie verskillende sleutels maak dit moontlik om musiek vir alle instrumente en stemme te skryf, al het hulle baie verskillende tessiture (dit wil sê, al klink sommige veel hoër of laer as die ander). Dit sou moeilik wees om dit met net een sleutel te doen, aangesien die moderne notebalk net vyf lyne het, en die aantal plekke wat op die notebalk verteenwoordig kan word, selfs met hulplyne, nie naastenby gelyk is aan die aantal note wat die orkes kan speel nie. Die gebruik van verskillende sleutels vir verskeie instrumente en stemme maak dit moontlik dat elke party gemaklik op die notebalk geskryf kan word met 'n minimum van hulplyne. Om hierdie rede word die G-sleutel gebruik vir die hoë partye, die C-sleutel vir die middel-dele en die F-sleutel vir die lae dele—met die noemenswaardige uitsondering van transponerende partye, wat geskryf word op toonhoogte wat verskil van hulle klank, dikwels selfs in ’n ander oktaaf.

Plasing op die notebalk Om dit makliker te maak om vir verskillende tessiture te skryf, kan enige van die sleutels teoreties op enige van die lyne van die notebalk geplaas word. Hoe laer af op die notebalk 'n sleutel geplaas word, hoe hoër is die tessituur waarvoor dit gebruik word; aan die ander kant, hoe hoër die sleutel geplaas word, hoe laer die tessituur.

Aangesien daar vyf lyne op die notebalk is, en drie sleutels, sou ’n mens aanneem dat daar vyftien moontlike sleutels kon wees. Maar ses van hulle is onnodige sleutels (byvoorbeeld, ’n G-sleutel op die derde lyn sou dieselfde wees as ’n C-sleutel op die eerste lyn). Dit laat nege moontlike onderskeibare sleutels, waarvan almal al in die geskiedenis gebruik is: die G-sleutel op die onderste twee lyne, die F-sleutel op die drie boonste lyne en die C-sleutel op enige lyn van die notebalk behalwe die heel boonste, wat gevolglik die "beweeglike C-sleutel" genoem word. (Die C-sleutel op die heel boonste lyn is onnodig omdat dit gelyk is aan die F-sleutel op die derde lyn; albei opsies is al gebruik.)

Elkeen van hierdie sleutels het 'n ander naam wat gebaseer is op die tessituur waarvoor dit die geskikste is. senter|640x640px|Die nege moontlike sleutels In moderne musiek word net vier sleutels gereeld gebruik: die G-sleutel, die bassleutel (F-sleutel), die altsleutel, en die tenoorsleutel. Hiervan is die G- en F-sleutel verreweg die algemeenste. senter|212x212px|Common clefs

Individuele sleutels Hier volg ’n volledige lys van die sleutels, saam met ’n lys instrumente en stempartye waarvoor dit gebruik word. Elke sleutel word op sy regte plek op die notebalk gewys, gevolg deur sy verwysingsnoot.

’n Dolk (†) ná die naam van die sleutel dui aan dat dit nie meer in algemene gebruik is nie. links|109x109px|G-clef

G-sleutels

Diskantsleutel links|133x133px|Treble clef duimnael|Diatonese toonleer op C, diskantsleutel. Wanneer die G-sleutel op die tweede lyn van die notebalk geplaas word, word dit die diskantsleutel genoem. Dit is die algemeenste sleutel wat vandag gebruik word en die enigste G-sleutel wat nog gebruik word. Om hierdie rede word die terme G-sleutel en diskantsleutel soms as sinoniem beskou. Die diskantsleutel is histories gebruik om ’n diskant-, of pre-adolessente, stemparty aan te dui.

Onder die instrumente wat die diskantsleutel gebruik is die viool, fluit, hobo, doedelsak, Engelse horing, al die klarinette, al die saksofone, Franse horing, trompet, kornet, vibrafoon, xilofoon, mandolien, blokfluit; dit word ook gebruik vir eufonium, baritonhoring en kitaar (wat ’n oktaaf laer klink). Die diskantsleutel is die boonste balk van die groot balk vir die harp en klawerbordinstrumente gebruik word. Dit word ook soms saam met die tenoorsleutel gebruik vir die hoogste note wat deur bassleutelinstrumente gespel word soos die tjello, kontrabas (wat ’n oktaaf laer klink), fagot en tromboon. Die altviool gebruik ook soms die diskantsleutel vir baie hoë note. Die diskantsleutel word vir die sopraan-, mezzosopraan-, alt-, kontralto- en tenoorstem gebruik. Die tenoorstem klink ’n oktaaf laer en word dikwels geskryf deur ’n oktaafsleutel (sien hieronder) of dubbeldiskantsleutel te gebruik.

Franse vioolsleutel† links|133x133px|French clef duimnael|Diatoniese toonleer op C, Franse vioolsleutel. Wanneer die G-sleutel op die eerste lyn van die notebalk geplaas word, word dit die Franse sleutel of Franse vioolsleutel genoem. Dit is identies aan die bassleutel wat twee oktawe hoër getransponeer is. links|44x44px|F-clef

F-sleutels

Bassleutel links|133x133px|Bass clef duimnael|Diatoniese toonleer op C, bassleutel. Play (help·info) Wanneer die F-sleutel op die vierde lyn geplaas word, word dit die bassleutel genoem. Dit is die enigste F-sleutel wat vandag gebruik word, sodat die terme "F-sleutel" en "bassleutel" dikwels as sinoniem beskou word.

Hierdie sleutel word gebruik vir die tjello, eufonium, konstrabas, baskitaar, fagot, kontrafagot, tromboon, baritonhoring, tuba en die keteltrom. Dit word ook gebruik vir die laagste note van die Franse horing en vir die bariton- en basstem. Die tenoorstem word op die bassleutel genoteer wanneer die tenoor en bas op dieselfde notebalk geskryf word. Die bassleutel is die onderste sleutel in die groot balk vir harp en klawerbordinstrumente. Die kontrafagot, kontrabas en elektriese baskitaar klink ’n oktaaf laer as die geskrewe toonhoogte; dit word nie gewoonlik aangeteken nie, maar party komponiste/uitgewers sal ’n "8" onder die sleutel vir hierdie instrumente plaas op die dirigent se volledige partituur om die instrumente te onderskei van dié wat natuurlik binne die sleutel klink (sien "Oktaafsleutels" hieronder).

Baritonsleutel† links|133x133px|Baritone clef duimnael|Diatoniese toonleer op C, bariton-F-sleutel. Play (help·info) Wanneer die F-sleutel op die derde lyn geplaas word, word dit die baritonsleutel genoem.

Hierdie sleutel is vir die linkerhand van klawerbordmusiek gebruik (veral in Frankryk, sien Bauyn-manuskrip) sowel as vir die baritonparty in vokale musiek.

Die baritonsleutel het die minder algemene variant as ’n C-sleutel wat op die 5e lyn geplaas word, wat presies dieselfde is (sien hieronder).

Subbassleutel† links|133x133px|Sub-bass clef Wanneer die F-sleutel op die vyfde lyn geplaas word, word dit die subbassleutel genoem. Dit is identies aan die diskantsleutel wat 2 oktawe laer getransponeer is. links|56x56px|C-clef

C-sleutels

Altsleutel links|133x133px|Alto clef duimnael|Diatoniese toonleer op C, altsleutel. Play (help·info) Wanneer die C-sleutel op die derde lyn van die notebalk geplaas word, word dit die altsleutel genoem.

Hierdie sleutel (wat soms die altvioolsleutel genoem word) word tans gebruik vir die altviool, die viola da gamba, die alttromboon en die mandola. Dit word ook geassosieer met die kontratenoorstem en word dus die kontratenoorsleutel genoem,Moore 1876, 176; Dolmetsch Organisation 2011. 'n oorblyfsel hiervan bestaan nog in Sergei Prokofiëf se gebruik van die sleutel vir die Engelse horing, soos in sy simfonieë. Dit verskyn soms tot vandag nog in klawerbordmusiek (Brahms se Orrelkorale, John Cage se Dream vir klavier).

Tenoorsleutel links|133x133px|Tenoorsleutel duimnael|Diatoniese toonleer op C, tenoorsleutel. Wanneer die C-sleutel die vierde lyn van die notebalk geplaas word, word dit die tenoorsleutel genoem.

Hierdie sleutel word gebruik vir die boonste omvang van die fagot, tjello, eufonium, kontrabas en tromboon. Hierdie instrumente gebruik die bassleutel vir hul lae tot middel-omvang; die G-sleutel word ook gebruik vir hulle hoogste note. Waar dit gebruik word vir die kontrabas, is die klank 'n oktaaf laer as die geskrewe toonhoogte. Die tenoorviool-partye is ook in hierdie sleutel geskryf (sien bv. Giovanni Battista Vitali se Op. 11). Dit is vroeër gebruik deur die tenoorparty in vokale musiek, maar die gebruik daarvan is grootliks verdring óf deur n oktaafweergawe van die G-sleutel wanneer dit alleen geskryf staan óf deur die bassleutel wanneer dit op een notebalk met die basparty verskyn.

Baritonsleutel† links|133x133px|Baritonsleutel duimnael|Diatoniese toonleer op C, bariton-C-sleutel. Speel (hulp·inligting) Wanneer die C-sleutel op die 5de lyn van die notebalk geplaas word, staan dit bekend as die baritonsleutel. Dit is identies aan die ander algemener vorm van die baritonsleutel, 'n F-sleutel geplaas op die 3de lyn (sien hierb).

Mezzosopraansleutel† links|133x133px|Mezzosopraansleutel duimnael|Diatoniese toonleer op C, mezzosopraansleutel. Speel (hulp·inligting) Wanneer die C-sleutel op die tweede lyn van die notebalk geplaas word, staan dit bekend as die mezzosopraansleutel bekend.

Sopraansleutel† links|90x90px|Die sopraansleutel duimnael|Diatoniese toonleer op C, sopraansleutel. Speel (hulp·inligting) Wanneer die C-sleutel op die eerste lyn van die notebalk geplaas word, staan as die sopraansleutel bekend.

Hierdie sleutel is gebruik vir die regterhand van klawerbordmusiek (veral in Frankryk; sien Bauyn-manuskrip) sowel as in vokale musiek vir soprane.

Ander sleutels

Oktaafsleutels links|duimnael|200x200px|Drie soorte suboktaaf G-sleutel wat middel-C toon duimnael|Diatoniese toonleer op C, suboktaafsleutel. Speel (hulp·inligting) duimnael|Diatoniese toonleer op C, "sopranino"-sleutel. Speel (hulp·inligting) (Dit is een oktaaf hoër as die G-sleutel sonder 'n 8) Vanaf die 18e eeu word die G-sleutel gebruik vir transponerende instrumente wat 'n oktaaf laer klink, soos die kitaar; dit word ook gebruik vir die tenoorstem. Om dubbelsinnigheid te vermy, word gewysigde sleutels soms gebruik, veral in die konteks van koormusiek; van dié wat gewys word, kom die C-sleutel op die derde spasie, wat maklik verwar word met die tenoorsleutel, die minste voor.

Dit word meeste gevind in tenoorpartye in SATB-toonsettings, waarin 'n G-sleutel met die getal agt daaronder geskryf word, wat aandui dat die toonhoogtes 'n oktaaf laer as die geskrewe noot klink. Aangesien die ware tenoorsleutel in onbruik verval het in vokale musiek, word hierdie "oktaaf laer" G-sleutel dikwels die tenoorsleutel genoem. Dieselfde sleutel word soms gebruik word vir die oktaafmandolien. In party partiture word dieselfde konsep uitgebeeld deur van 'n dubbel-sleutel gebruik te maak—twee G-sleutels wat mekaar oorvleuel.