Die jaar 1845 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 45ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

Gebeure 29 Januarie – The Raven, ’n gewilde gedig deur Edgar Allan Poe, word vir die eerste keer gepubliseer in die New York Evening Mirror. 3 Maart – Florida word die 27ste deelstaat van die Verenigde State. 4 Julie – Henry Davis Thoreau vestig hom by Walden Pond. 29 Desember – Die Republiek van Texas word geannekseer deur die Verenigde State en word die deelstaat Texas.

Geboortes 26 Februarie – Aleksander III van Rusland, tsaar van Rusland († 1894). 26 Februarie – Cornelis van Boeschoten, Nederlands-Transvaalse onderwyser en staatsman († 1927). 27 Maart – Wilhelm Röntgen, fisikus, wenner van die eerste Nobelprys vir Fisika 1901 († 1923). 16 April – Jacobus Abraham Smuts, vader van genl. Jan Smuts († 1914). 3 Mei – Iwan Tsjerski, Pools-Russiese geoloog en geograaf († 1892) 12 Mei – Gabriel Fauré, Franse komponis († 1924). 4 Julie – Jan Hendrik Hofmeyr, Afrikaanse leier en joernalis († 1909). 1 September – Paul Methuen, Britse krygsman († 1932). 17 Oktober – P.D. Rossouw, predikant en vroeë Afrikaanse letterkundige († 1896). 25 November – David Christiaan de Waal, burgemeester van Kaapstad († 1909). Onbekend – Lobengoela, die tweede en laaste koning van die Ndebele (ook bekend as die Matabeles) († 1894). Onbekend – Lindsay Eddie, Suid-Afrikaanse amateur-sterrekundige († 1913).

Sterftes 11 Januarie – Henry George Grey, waarnemende goewerneur aan die Kaap van Goeie Hoop (* 1766). 12 Mei – August Wilhelm Schlegel, Duitse literatuurhistorikus, vertaler, skrywer, indoloog en filosoof (* 1767). 8 Junie – Andrew Jackson, die sewende President van die Verenigde State (* 1767). 12 Julie – Ludwig Persius, Duitse argitek (* 1803). 25 Desember – Wilhelm Friedrich Ernst Bach, Duitse komponis (* 1759).

Kategorie:19de eeu Kategorie:1845