duimnael|Hennep groei welig in Côtes-d'Armor, Bretagne, Frankryk duimnael|Hennep wat in Europa vir veevoer verbou word Hennep of industriële hennep (van die Oud-Engelse hænep) word tipies in die noordelike halfrond aangetref. Dit behels 'n verskeidenheid kultivars van die plantspesie Cannabis sativa wat spesifiek gekweek word vir die industriële gebruike van sy afgeleide produkte. Dit is een van die vinniggroeiendste plante en is een van die eerste plante wat ongeveer 10 000 jaar gelede tot bruikbare vesel verwerk is. Dit kan in 'n verskeidenheid van kommersiële items insluitende papier, tekstiel, klere, bioafbreekbare plastiek, verf, isolators, biobrandstof, kos en veevoer verfyn word.

Hoewel onwettige marijuana en industriële hennep albei lede van die spesie Cannabis sativa is, en albei die psigokomponent tetrahidrokannabinol (THC) bevat, is hulle afsonderlike stamme, elk met unieke gebruike en biochemiese samestelling, waaronder meer as 113 cannabinoïde ingesluit word. Hennep het laer konsentrasies van THC en hoër konsentrasies van kannabidiol (CBD), wat sy psigo-effekte drasties verminder. Die wettigheid van industriële hennep wissel wyd tussen lande. Sommige regerings reguleer die konsentrasie van THC en laat hennep toe wat met 'n besonder lae THC-inhoud gekweek is.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Gewasse Kategorie:Tekstiele