Jacqui (Jacob) Eli Safra (* 1948) is 'n Switserse belegger en lid van die Libanees-Joods-Switserse bankiersgesin Safra.Robert Kolker: Shadows and Fog. In: New York Magazine, 17 Junie 2002. Besoek op 7 Junie 2016

Lewe Jacqui Eli Safra is die seun van Elie Safra (1922–1993) en Yvette Dabbah (1927–2006) en die neef van die Libanees-Brasiliaanse bankier Edmond Safra (1932–1999) wat die Safra-familie se tradisionele bankbelange in Sirië, Libanon, Brasilië en Switserland bedryf het. Hy het 'n akademiese graad aan die Universiteit van Pennsilvanië se Wharton School verwerf en daarna leidende posisies by die Republic National Bank in New York beklee.Charles Lyons: Safra: Woody’s claim lame. In: Variety, 5 Junie 2002. Besoek op 7 Junie 2016

Safra se beleggings sluit onder meer in:

Encyclopædia Britannica Merriam-Webster Spring Mountain Vineyard in Saint Helena, Kalifornië Parknasilla Hotel en die nabygeleë Garinish-eiland (albei geleë naby Sneem, graafskap Kerry, Republiek van Ierland).

Filmografie Onder die naam J.E. Beaucaire (die naam van 'n karakter in die rolprent Monsieur Beaucaire van 1946 wat deur Bob Hope vertolk is) het Safra kleiner rolle in drie rolprente vertolk, terwyl die vervaardigingsonderneming Sweetland Films, wat hy saam met sy vriendin Jean Doumanian bedryf, agt van die Amerikaanse komediant en regisseur Woody Allen se rolprente gefinansier het.Michael Calderone: Jaqui Safra Asks $50 Million For East Side House. In: Observer, 17 Oktober 2005. Besoek op 7 Junie 2016

Akteur

The Ox (1991) – Winkeleienaar Radio Days (1987) – Diksiestudent Stardust Memories (1980) – Sam

Uitvoerende vervaardiger

Small Time Crooks (2000) Just Looking (1999) Women Talking Dirty (1999) Sweet and Lowdown (1999) Celebrity (1998) Into My Heart (1998) The Spanish Prisoner (1997) Deconstructing Harry (1997) Wild Man Blues (1997) Everyone Says I Love You (1996) Mighty Aphrodite (1995) Don't Drink the Water (1994) (TV) Bullets over Broadway (1994) The Ox (1991)

Verwysings

Kategorie:Switserse entrepreneurs