duimnael|Die sekelmaan kondig die begin van Ramadan aan duimnael|Tradisionele Bayram-groet van die Metropolitaanse Munisipaliteit van Istanboel in die vorm van mahya-ligte tussen die minarette van die Sultan Ahmet-moskee in Istanboel duimnael|Iftar tydens Ramadan in die Nuwe Moskee in Istanboel duimnael|Mans bid by die Blou Moskee in Mazar-e Sharif, Afghanistan
Ramadan of Ramadaan, ook Ramazan, Ramzan of Ramathan (Arabies: رمضان, Ramaḍān, [ramaˈdˤaːn]) is die negende maand van die Islamitiese kalender. Dit word deur Moslems beskou as 'n heilige maand van vas om die eerste openbaring van die Koran te herdenk. Die nag toe dit gebeur het, staan bekend as Lailat al-'Kadr, maar die presiese datum is onbekend en word nie eens in die Koran genoem nie.
Hierdie jaarlikse viering word beskou as een van die Vyf Pilare van die Islam. Die maand is 29 of 30 dae lank. Volgens talle biografiese aantekeninge in die hadit word die duur van die maand deur die visuele waarnemings van die hilal (sekelmaan) bepaal. Van sonop na sononder mag Moslems nie eet, drink, rook of seks hê nie. Elke dag se vas word met die Iftar aan die aand beëindig. Die einde van die vas van Ramadan word met die vakansiedag Eid-oel-Fiter gevier.
Datums Aangesien maande in die Islamitiese kalender altyd na die maan bereken word, wissel die datum van hierdie maand volgens die Gregoriaanse kalender.
Gregoriaanse kalenderIslamitiese kalenderBegin van Ramadan (berekening) The Principal Islamic Days of Observance according to the Umm al-Qura CalendarLaaste vasdag (berekening)2015143618 Junie16 Julie201614376 Junie5 Julie2017143827 Mei24 Junie2018143916 Mei14 Junie201914406 Mei3 Junie2020144124 April23 Mei2021144213 April13 Mei202214432 April2 Mei2023144423 Maart21 April2024144511 Maart10 April202514461 Maart30 MaartRamadan se datums tussen 2015 en 2025. Die tabel toon die berekende datums. Die werklike begin en einde van Ramadan mag sowat een of twee dae wissel. The Principal Islamic Days of Observance according to the Umm al-Qura Calendar, staff.science.uu.nl
Sien ook Lys van Islamitiese feeste en herdenkings
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Islamitiese feeste en herdenkings Kategorie:Maande Kategorie:Arabiese woorde