Die Kanada-Frankryk-Hawaii-Teleskoop (Engels: Canada-France-Hawaii-Telescope, CFHT) is naby die bergspits van die vulkaan Mauna Kea (Hawaii-eiland, deelstaat Hawaii, Verenigde State) op 'n hoogte van 4 204 meter (13 793 voet) geleë. Die teleskoop maak deel uit van die Mauna Kea-sterrewag en word gesamentlik deur die Nasionale Navorsingsraad van Kanada (National Research Council of Canada / Conseil national de recherches Canada), die Nasionale Sentrum van Wetenskaplike Navorsing (Centre national de la recherche scientifique, CNRS) in Frankryk en die Universiteit van Hawaii beheer.
Die teleskoop, wat sedert die jaar 1979 vir wetenskaplike navorsing gebruik word, is soos die Mount-Palomar-teleskoop 'n klassieke primêre-fokus/Cassegrain-teleskoop met 'n parabolies geslypte hoofspieël. Sy deursnee bereik 3,58 meter.
Eksterne skakels
The Canada-France-Hawaii Telescope Corporation (Amptelike webwerf)
Kategorie:Geboue en strukture in die Verenigde State van Amerika Kategorie:Hawaii Kategorie:Teleskope