duimnael|links|Die Arthur Ashe-stadion Arthur Robert Ashe jr. (1943–1993) was 'n Amerikaanse tennisspeler. Hy het in 1969 professioneel begin speel en op 1975 die eerste swart man geword wat die mansenkelspeltitel op Wimbledon wen. Hy het drie Grand Slam-enkeltitels in sy loopbaan verower: die Amerikaanse Ope in 1968, die Australiese Ope in 1970 en Wimbledon in 1975. Hy het ook twee Grand Slam-dubbelspeltitels ingepalm: die Franse Ope in 1971 en die Australiese Ope in 1977.ATP-statistiek Hy het in 1981 uitgetree.
Ashe is op 10 Julie 1943 in Richmond, Virginië in die Verenigde State van Amerika, gebore. Hy is op 6 Februarie 1993 dood ná 'n bloedoortapping met bloed wat met die vigsvirus besmet was.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
In 1985 is hy in die Internasionale Tennisheldesaal vereer. Op 20 Junie 1993 het pres. Bill Clinton die presidensiële medalje van vryheid postuum aan hom toegeken. Die Arthur Ashe-stadion in New York Stad is na hom genoem.
Grand Slam-rekord Die tabel toon Ashe se prestasie tydens elk van die Grand Slam-toernooie in mansenkels waaraan hy deelgeneem het:
Jaar Australiese Ope Franse Ope Wimbledon VSA Ope1959 Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Ronde 11960 Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Ronde 21961 Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Ronde 21962 Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Ronde 21963 Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Ronde 3 Ronde 31964 Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Ronde 4 Ronde 41965 Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Ronde 4 Halfeindstryd1966 Eindstryd Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Ronde 31967 Eindstryd Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie1968 Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Halfeindstryd Wenner1969 Nie deelgeneem nie Ronde 4 Halfeindstryd Halfeindstryd1970 Wenner Kwarteindstryd Ronde 4 Kwarteindstryd1971 Eindstryd Kwarteindstryd Ronde 3 Halfeindstryd1972 Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Eindstryd1973 Nie deelgeneem nie Ronde 4 Nie deelgeneem nie Ronde 31974 Nie deelgeneem nie Ronde 4 Ronde 3 Kwarteindstryd1975 Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Wenner Ronde 41976 Nie deelgeneem nie Ronde 4 Ronde 4 Ronde 21977 Kwarteindstryd Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie1978 Halfeindstryd Ronde 4 Ronde 1 Ronde 41979 Nie deelgeneem nie Ronde 3 Ronde 1 Nie deelgeneem nie
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike webtuiste
Kategorie:Amerikaanse tennisspelers Kategorie:Geboortes in 1943 Kategorie:Sterftes in 1993