Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Walliesers.

Wallies (Wallies: Cymraeg, [kəmˈrɑːɨɡ], of y Gymraeg, [ə ɡəmˈrɑːɨɡ]) behoort tot die Britoniese tak van die Keltiese tale. Wallies word deur moedertaalsprekers in die westelike deel van Groot-Brittanje in Wallis (Wallies: Cymru), 'n minderheid op die Walliese grens en deur die Walliese immigrante gemeenskap (Y Wladfa) in die Chubut-provinsie in Patagonië in Argentinië, gepraat. Daar is ook sprekers in die res van die wêreld, vernaamlik in Engeland, die Verenigde State, Kanada, Australië en Nieu-Seeland. Wallies is nouverwant aan Kornies en Bretons en meer verlangs aan Iers-Gaelies, Manx-Gaelies en Skots-Gaelies. Omniglot, Welsh, besoek op 19 April 2009

Aan die begin van die 20ste eeu het ongeveer die helfte van die bevolking van Wallis Wallies as 'n alledaagse taal gepraat. Teen die einde van die eeu het die persentasie gedaal tot ongeveer 20%. Die mees onlangse sensussyfers (2001) deur die Walliese Taalraad, gee aan dat 582 400 (20,8% van die bevolking van Wallis) Wallies kon praat en dat 457 946 (16,3%) dit kon praat, lees en skryf. Dit kan vergelyk word met 508 100 (18,7%) in 1991. Letterkundige tekste in Wallies bestaan sedert 1100. Tans is daar 'n bloeiende literatuur in Wallies.

Status duimnael|Tweetalige padtekens in Wallis Aan die begin van die 20ste eeu het ongeveer die helfte van die bevolking van Wallis Wallies as 'n alledaagse taal gepraat. Teen die einde van die eeu het die persentasie gedaal tot ongeveer 20%. Die mees onlangse sensussyfers (2001) aangegee in "Main Statistics about Welsh" deur die Walliese Taalraad, gee aan dat 582 400 (20,8% van die bevolking van Wallis) Wallies kon praat en dat 457 946 (16,3%) dit kon praat, lees en skryf. Dit kan vergelyk word met 508 100 (18,7%) in 1991.

Die resultate van die "2004 Welsh Language Use Survey" dui daarop dat daar 611 000 Walliese sprekers in Wallis is (21,7% van die Walliese bevolking)), waarvan 62% sê dat hulle daagliks Wallies praat en 88% van die wat die taal vlot praat so dat hulle dit daagliks gebruik. Die 2001-sensus het die aantal Walliese sprekers in Wallis op 20,5% ('n styging van 2% op die 18,5% in 1991), uit 'n bevolking van ongeveer 3 miljoen; dieselfde sensus dui ook aan dat 25% van die inwoners buite Wallis gebore is. Die aantal sprekers in die res van Brittanje is onseker, maar getalle is hoog in groot stede langs die grens tussen Engeland en Wallis.

Selfs onder Wallies-sprekers, is baie min inwoners van Wallis enkeltalig in Wallies. 'n Groot aantal Wallies-sprekers is egter gemakliker daarmee om hulle in Wallies uit te druk as in Engels. 'n Spreker se taalkeuse kan afhang van die konteks of onderwerp. (In linguistiek bekend as kodeskakeling). As eerste taal word Wallies veral in die meer landelike noorde en weste van Wallis aangetref, veral in Gwynedd, Denbighshire, Merioneth, Anglesey (Ynys Môn), Carmarthenshire, Noord-Pembrokeshire, Ceredigion, en dele van westelike Glamorgan. Eerstetaalsprekers en ander mense, wat die taal vlot kan praat, word egter ook elders in Wallis aangetref.

Alhoewel Wallies 'n minderheidstaal is en dus bedreig word deur die oorheersing van Engels, het ondersteuning vir die taal in die tweede helfte van die 20ste eeu, tesame met die opkoms van nasionalistiese politiese organisasies soos die politieke party Plaid Cymru en Cymdeithas yr Iaith Gymraeg (die Walliese taalvereniging), gegroei.

Wallies is beslis 'n lewendige taal. Dit word daagliks deur duisende sprekers as omgangstaal gebruik en Wallies is sigbaar orals in Wallis. Die Walliese Taalwet 1993 en die regering van Wallis Wet 1998 maak daarvoor voorsiening dat Wallies en Engels op gelyke voet behandel moet word. Openbare liggame word verplig om 'n Walliese taalskema voor te berei en te implementeer. Plaaslike owerhede en die Walliese Raad gebruik Wallies as amptelike taal en publiseer amptelike literatuur en publisiteit in Walliese weergawes (byvoorbeeld briewe aan ouers van skole, biblioteeksinligting en stadsraadsinligting) en alle padtekens in Wallis moet in Engels en Wallies gegee word, insluitend die Walliese weergawe van plekname (alhoewel sommige onlangse vertalings van Engelse name is).

Wallies het ook 'n noemenswaardige teenwoordigheid op die Internet, maar dit leun sterk na openbare liggame: die verhouding van soekenjin treftempo's vir Walliese woorde teenoor hulle Engelse ekwivalente neig na ongeveer 0.1% vir formele terme soos addysg/ondrewys, cymdeithas/samelewing of llywodraeth/regering, maar na slegs ongeveer 0.01% vir alledaagse terme soos buwch/koei, eirlaw/ysreen of cyllell/mes.

Die VK regering het die Europese verdrag vir streeks- en minderheidstale ten opsigte van Wallies bekragtig. Die taal se belangrikheid het aansienlik gestyg sedert die daarstel van 'n televisiekanaal S4C, wat eksklusief in Wallies uitsaai, in November 1982. Die hoof-aandnuus, wat deur die BBC verskaf word, kan aangetref word by (Real Media). Gegee die Britse regering se planne (Desember 2001) om te verseker dat alle immigrante Engels magtig moet wees, sal daar gewag moet word om te sien of Wallies as 'n spesiale geval beskou gaan word. Op die oomblik is kennis van of Wallies, Engels of Skots-Gaelies voldoende vir naturalisasie-doeleindes, en daar word geglo dat die beleid gehandhaaf sal word in enige veranderings in die wet.

Geskiedenis en ontwikkeling Oud-Wallies duimnael|Hierdie verflenterde Walliese Bybel van 1620, in die Llanwnda-kerk, is in 1797 van Franse invallers gered. Die oudste bekende bronne wat as Wallies geïdentifiseer is, dateer uit sover as die 6de eeu terug. Die taal uit hierdie tydperk word ook Vroeg-Wallies genoem. Hiervan het weinig oorgebly. Van die 9de tot die 11de eeu word Oud-Wallies gepraat. Dit was die taal van die wette van Hywel Dda, en die digkuns van beide Wallis en Skotland. Soos die Angel-Saksiese kolonisasie van Groot-Brittanje gevorder het, is die Keltiese sprekers in Wallis geskei van dié in noordelike Engeland, wat Cumbries gepraat het en dié in die suid-weste, wat die taal gepraat het, wat tot Kornies ontwikkel het, en so veroorsaak dat die tale gedivergeer het.

Middel-Wallies Van die 12de tot die 14de eeu kan 'n mens praat van Middel-Wallies (of Cymraeg Canol), waarvan meer oorbly as uit enige ander tydperk. Dit is die taal van byna alle oorlewende vroeë manuskripte van die Mabinogion, alhoewel die verhale self beslis baie ouer is. Middel-Wallies is redelik verstaanbaar, alhoewel met 'n bietjie moeite, vir 'n hedendaagse Wallies-spreker.

Moderne Wallies Moderne Wallies kan in twee tydperke verdeel word. Van die 14de tot die 16de eeu word 'n Vroeg-Modern-Wallies, wat deur Dafydd ap Gwilym gebruik is, en daarna 'n Laat-Modern-Wallies gepraat, wat begin met die Bybelvertaling van William Morgan in 1588. Soos met die Engelse eweknie, die Koning James Weergawe, het die Bybel 'n stabiliserende invloed op die taal gehad en het die hedendaagse taal nog steeds die selfde Laat Moderne etiket van Morgan se taal. Uiteraard het daar daarna nog klein veranderinge met die taal gebeur, soos altyd in lewende tale.

Agteruitgang in die 20ste eeu duimnael|Verspreiding van Wallies volgens die 2011-sensus Die aantal Walliese sprekers het aan die begin van die 20ste eeu 'n hoogtepunt bereik. Die 1911-sensus get bepaal dat daar 977 366 Walliese sprekers in Wallis was. Teen 1991 het dit afgeneem tot 510 920. Engels was egter teen die begin van die 20ste eeu reeds die dominante taal en die agteruitgang van die taal in Wallis kan teruggespoor word na gebeure in die 19de eeu. In die tweede helfte van die 19de eeu het Wallis snelle industrialisering ondergaan gegrond op die ontginning en verwerking van rou materiale. Dit het gepaard gegaan met immigrasie, verstedeliking en die ontstaan van 'n stedelike werkersklas. Wallis se isolasie met betrekking tot die res van die Verenigde Koninkryk is ook oorbrug deur die bou van vervoerinfarstruktuur vir die uitvoer van ystererts, steenkool en leiklip en om beter toegang tot Ierland te bewerkstellig. Emigrasie uit Wallis, hoewel op kleiner skaal as in die geval van Ierland en Skotland, het verder bygedra tot 'n daling in die verhouding van Wallies tot Engelse sprekers Medium of instruction policies: which agenda? whose agenda?,deur James W. Tollefson en Amy Tsui, Uitgawe: geïllustreerde, Uitgegee deur Lawrence Erlbaum Associates, 2004, , , 306 bladsye

Stygende ingryping deur die Britse staat het 'n groot invloed op die status en gebruik van Wallies gehad. Wallies is as agterlik gesien en as 'n hindernis tot ontwikkeling. Veral die gebruik van Engels as onderrigmedium in Wallis het 'n groot impak op die taal gehad. teen 1870 is 'n volledige netwerk van Engel-medium skole in Wallis gevestig en teen 1880 is skoolgaan verpligtend gemaak, Dit het beteken dat alle Walliese kinders van vyfjarige ouderdom af onderrig in Engels ontvang het. gevalle waar kinders gestraf is vir die gebruik van Wallies in skoolgange of op die speelgrond is ook wyd aangemeld.

Twee faktore het gekeer dat Wallies nie onder die geweldige druk geheel en al uitgesterf het nie: 1) Die patroon van interne immigrasie wat nuwe Walliese taalgemeenskappe in die stede te weeg gebring het en 2) die ontwikkeling van die Walliese nonkonformistiese kerkbeweging.

Fonologie Konsonante Wallies gebruik nie die letters k, x en z nie. Die k klank word deur c voorgestel wat nooit as die s klank uitgespreek word nie. Daar is geen z-klank in Wallies nie; cs word soos die Engelse x uitgespreek. J behoort nie tot die Walliese alfabet nie maar word gebruik om die klank van die Engelse j in leenwoorde soos garej (garage) gebruik. Linguata, Welsh Pronunciation, besoek op 24 April 2009

Wallies beskik oor die volgende konsonante, getranskribeer in die Internasionale Fonetiese Alfabet ; die grafeme wat ooreenkom met die Walliese alfabet word in vetgedrukte letters vertoon.

  Labiale Dentale Alveolare Post-alveolare Palatale Velaar Glottale bilabiale labio-dentale labio-velare sentrale laterale Plofklanke p b       t d       c g   Nasale mh m       nh n       ngh ng   Affrikate             () tsi, tsh, ts () j       Frikatiewe   f, ph f   th dd s ll si, sh, s   ch h Trillers         rh r           Approksimante     w     l   i    

Notas: As 'n konsonant sel twee tekens bevat, dui die eerste op 'n stemlose konsonant en die tweede op 'n stemhebbende konsonant. Die stemlose plosiewe en nasale word deur middel van aspirasie uitgespreek en die stemhebbende plosiewe word aan die einde van 'n woord stemloos uitgesproke ná s in kombinasie met sb en sg. Die stemlose nasale word altyd geaspireer as gevolg van die mutasie deur nasalisasie van die stemlose plosief. Die klank [] kom normaalweg voor klinkers voor waar dit as si geskryf word: bv. siarad [) « praat », siop [] « winkel » ; in sekere ander posisies, word die transkripsie sh gebruik vir leenwoorde of dialekvorme gebruik. In suidelike Wallies word sgesis as [] wanneer dit in kontak met i is: byvoorbeeld mis « min » of sir « graaf » word uitgespreek as [] en [] (teenoor [] en [] in die noorde). Die affrikate [] en [] word aangetref in leenwoorde uit Engels; die transkripsie is nie geheel en al vas nie en in sekere gevalle word die klank [] gebruik. Dialekgewys bestaan hierdie affrikate ook in inheemse woorde as ontwikkelings van die kombinasie van [tj] en [dj] (geskryf ti en di). In ongeassimileerde leenwoorde kan mens die klank teëkom wat baie keer met [s] vervang word.</small> Die stemlose frikatiewe laterale alveolaar wat as ll geskryf word, word baie keer as besonder aan Wallies beskryf; Engelssprekendes benader die klank baie keer met thl of fl in die naam met Walliese oorsprong Lloyd (van llwyd « grys, bruin »), soos aangedui deur die variant Floyd.

Klinkers