Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Iers-Gaelies.
Die Iere (Engels: Irish of Irish people, Iers-Gaelies: Muintir na hÉireann of Na hÉireannaigh) is 'n Keltiese nasie en etniese groep inheems aan Ierland en die omliggende eilande. Volgens argeologiese studies is Ierland sedert sowat 9 000 jaar bewoon. Vir die grootste deel van die geskiedenis van Ierland het die Iere hoofsaaklik 'n Gaeliese volk gevorm. Anglo-Noormanne het dele van Ierland in die 12de eeu verower, terwyl na die Engelse (her)verowering en kolonisering van Ierland in die 16de en 17de eeue 'n groot aantal Engelse en Laeland-Skotte op dele van die eiland gevestig het, veral in Noord-Ierland, waar hulle 'n afsonderlike en aparte etniese groep vorm.
duimnael|links|400px|Die Ierse diaspora wêreldwyd: Deur die geskiedenis heen het baie bekende Ierse mense verskyn. Die 6de eeuse Ierse monnik en sendeling Columbanus word as een van die "vaders van Europa" beskou, gevolg deur Kilianus en Virgilius van Salzburg. Die wetenskaplike Robert Boyle word as die "vader van chemie" beskou. Bekende Ierse ontdekkingsreisigers sluit in Brendan, Robert McClure, Ernest Shackleton en Tom Crean. Volgens sommige berigte was die eerste Europese kind wat in Noord-Amerika gebore is aan beide kante van Ierse afkoms Smiley, bl. 630 en 'n Ier was die eerste Europeër wat sy voet op Amerikaanse bodem gesit het tydens Columbus se ekspedisie van 1492. MacManus, bl. 343–344
Ierland het 'n bevolking van sowat 5,7 miljoen, maar dit word beraam dat sowat 70 tot 80 miljoen mense wêreldwyd Ierse voorouers het. Histories gesien was emigrasie van Ierland die gevolg van konflikte, hongersnood en ekonomiese kwessies. Mense van Ierse afkoms het hoofsaaklik in Engelssprekende lande, veral die Verenigde Koninkryk, die Verenigde State, Kanada, Australië en Nieu-Seeland, gevestig. Daar is ook 'n beduidende aantal in Argentinië en Meksiko. Die Verenigde State het die meeste mense van Ierse afkoms, terwyl Australië 'n hoër persentasie van mense met Ierse afkoms as enige ander land het. Baie Yslanders het Ierse en Skots-Gaeliese voorouers. Ann C. Humphrey. "They Accuse Us of Being Descended from Slaves". Settlement History, Cultural Syncretism, and the Foundation of Medieval Icelandic Identity. Rutgers University, 2009.
Verwysings
Bronne 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Eksterne skakels
Kategorie:Kelte Kategorie:Etniese groepe in Argentinië Kategorie:Etniese groepe in Australië Kategorie:Etniese groepe in Brasilië Kategorie:Etniese groepe in die Ierse Republiek Kategorie:Etniese groepe in Kanada Kategorie:Etniese groepe in Meksiko Kategorie:Etniese groepe in Nieu-Seeland Kategorie:Etniese groepe in Suid-Afrika Kategorie:Etniese groepe in die Verenigde Koninkryk Kategorie:Etniese groepe in die Verenigde State van Amerika