duimnael|links|170px|Ds. R.S.J. van Wyk, leraar van 1945 tot 1949.
duimnael|regs|170px|Ds. Tjaart Steyn, leraar van 1955 tot 1970.
Die Gereformeerde kerk Kuruman is die naasoudste gemeente in die GKSA se Klassis Griekwaland-Wes. Einde 2015 was hier 278 belydende en 104 dooplidmate vir ’n sieletal van 382, die naasmeeste in die Klassis en ’n mooi toename van meer as 20 persent vergeleke met die sieletal van 316 einde 2001. In 2019 was die sieletal egter weer 337.
Die gemeente Kuruman is op 10 Mei 1919 gestig. Geen foto's het van die eerste kerkgebou behoue gebly nie. Ds. J.H. Kruger het die tweede kerkgebou, ’n klipkerk in Stewartstraat, op 21 Maart 1925 in gebruik geneem. Dit is ’n pragtige ou gebou wat later tot nasionale gedenkwaardigheid verklaar is, maar die gemeente het dit in 1981 vir R60 000 verkoop. Op hierdie kerk se perseel is ’n boomstomp met ’n gedenkplaatjie aangesien dit die boom was waaronder die eerste boukomitee vergader het om die ligging van die kerkgebou te bespreek.
Die argitek van die nuwe en huidige kerkgebou, in die gewilde tentstyl (kappiekerk) van destyds, was B. De Wet Hartman, wat ook onder meer verantwoordelik was vir die Gereformeerde kerke Kemptonpark-Noord, Roodepoort, Vryburg en Frankfort, asook twee NG kerke op Koppies in die Vrystaat. Die bouaannemer was Frans Lubbe van Hartswater. Die boukoste het R58 600 beloop en die gebou is in gebruik geneem op 20 Mei 1967. Die kerkperseel op die hoek van Breë- en Kromstraat bestaan uit vier erwe.
Tydens die beplanning van die kerkgebou is besluit die dak moes ’n Voortrekkerkappie voorstel; daarom moes die dak hoër wees om die agterste deel van die kappie te vorm. ’n Kruis wat geteël is, is in die toring ingebou. Die kerk se plafon is van sederhout gemaak en die klankbord agter die preekstoel stel ’n gekruisigde figuur met ’n hangende hoof voor. Weerskante van die kansel is ligte wat lyk soos sewe kandelare.
Predikante Van der Merwe, Johannes Lodewikus, 1930 - 1939 Snyman, Nicolaas Tjaart, 1939 - 1943 (in kombinasie) Van Wyk, Rudolf Stephanus Jacobus, 1945 - 1949 Smit, Cornelius Hermanus, 1951 - 1955 Steyn, Tjaart, 1956 - 1970 Maas, Samuel, 1967 (in kombinasie met Groenwater; verlaat die bediening ná net ’n jaar) Du Plessis, Pieter Johannes Lodewyk, 1970 - 1981 Kruger, dr. Mechiel Andries, 1977 - 1978 (sendeling) Van der Merwe, dr. Sarel Jacobus, 1978-1982 Kruger, dr. Petrus, 1982-2001 (aanvaar sy emeritaat) Van der Walt, Abraham Barend, 2002-2004 Aucamp, Jan Christoffel, 2005-2011 (verlaat die bediening) Reinecke, Hendrik, 2012 – 30 November 2025 (aanvaar sy emeritaat)
Bronne Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Schalekamp, ds. M.E. (voorsitter: redaksiekommissie). 2001. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2002. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1960. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1961. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Vogel, Willem (red.). 2015. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2016. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
Kategorie:Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika