Natriummetasilikaat is die chemiese verbinding met die formule , wat die hoofkomponent van kommersiële natriumsilikaat oplossings is. Dit is 'n ioniese verbinding wat bestaan uit natrium katione en die polimeriese metasilikaat anione [––]n. Dit is 'n kleurlose kristallyne higroskopiese en delikwisente vastestof, oplosbaar in water (wat 'n alkaliese oplossing gee) maar nie in alkohole nie.Chemical Book: "Sodium metasilicate". Accessed on 2018-05-13.

Die stof vorm 'n penta- en 'n nonahidraat . Hulle smeltpunte is 72,2 °C en 48 °C.

Kristalstruktuur duimnael|links|Silikaatketting Watervrye natriummetasilikaat kristalliseer in 'n ortorombiese struktuur. Dit bestaan uit kettings van tetraëders wat hoeke deel. Dit is 'n inosilikaat of kettingsilikaat.

Bo 850K kry dit 'n ander ortorombiese simmetrie wat laer is. Dit is ongewoon. Gewoonlik het hoëtemperatuurfases 'n hoër simmetrie.

Sien ook Waterglas

Verwysings

Kategorie:Verbindings van natrium Kategorie:Verbindings van silikon Kategorie:Anorganiese verbindings