Hazel Acosta (1946-) 'n Suid-Afrikaanse flamenco-danseres, -choreograaf en -onderwyseres. Acosta het internasionale erkenning as een van die voorste solodansers in dié genre ontvang.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, Sy is in Spanje opgelei en het saam met verskeie Spaanse geselskappe getoer. In 1994 stig sy die Alianza Flamenca in Johannesburg en ontwikkel 'n sillabus vir flamenco wat internasionaal gebruik word.Flamenco-eksponent vir slypskool in Goudstad , Beeld, 27 Maart 2003 Op 24 Julie 2015 ontvang sy die Orde van Siviele Verdienste van Felipe VI, die koning van Spanje, vir die bevordering van flamenco as kunsvorm, asook betrekkinge tussen Suid-Afrika en Spanje.Hazel Acosta honoured by King of Spain, besoek op 16 Desember 2015

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse dansers