Die Boesmansrivier is 'n rivier in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika en 'n sytak van die Tugelarivier.
Die rivier ontspring in die Drakensberge en vloei van daar in 'n oos na noordoostelike rigting. Die boonste opvanggebied is in die Giant's Castle-wildreservaat, noord van die Giant's Castle-bergpiek. Dit voed die Wagendriftdam, waarna dit verby die dorp Estcourt vloei, om naby die dorp Weenen by die Tugelarivier aan te sluit. Rivers in South Africa – e-wise
Die sytakke van die rivier is die Klein-Boesmansrivier (wat by Estcourt in die Boesmansrivier invloei), Rensburgspruit en die Mngwenya-rivier. Die Wagendriftdam naby Estcourt is die rivier se grootste reservoir. Talle digbevolkte landelike dorpe, verskeie wat deur die Hlubi-stam bewoon word, word in die boonste opvanggebied van die rivier aangetref. Die rivier word deur die Bloukransrivier in die noorde en die Mooirivier in die suide begrens.
Eksterne skakel Google-kaart van die Natalse Boesmansrivier se monding by Geonames.org (cc-by)
Verwysings
Kategorie:Tugelariviersytakke