Asoka die Grote was 'n groot heerser van die Mauryaryk wat van omstreeks 268 tot 232 v.C. regeer het.Thapar (1973), p. 51. Sy naam beteken "sonder smart"; die titels wat hy in sy inskripsies gebruik, Devanampiya en Piyadasi, beteken "geliefde van die gode" en "hy wat vriendelik aanskou".
Asoka word dikwels een van Indië se grootste heersers genoem. Ná baie militêre oorwinnings het hy oor 'n paar van die grootste dele van die hedendaagse Indië regeer. Hy het 'n oorlog teen die koninkryk Kalinga geveg, waarin volgens sy eie edik 100 000 mense gesterf het, baie male daardie getal omgekom het en 150 000 as gevangenes weggevoer is.Jerry Bentley, Old World Encounters: Cross-Cultural Contacts and Exchanges in Pre-Modern Times (New York: Oxford University Press, 1993), 44.
thumb|Die Mauryaryk. Omdat Asoka deur sy wrede oorwinning geskud was, het hy hom mettertyd tot die Boeddhisme gewend en besluit om sy ryk in vrede te regeer. Om dit te doen het hy 'n paar hospitale vir diere en mense geskep. Hy het ook rusgebiede vir moeë reisigers langs paaie geskep en daarna putte in talle dorpe gegrawe; dit is moontlik om 'n lewensbeskrywing oor Asoka die Grote te skryf omdat daar verskeie inskripsies op rotse en pilare is wat sy lewensloop op 'n akkurate vlak beskryf.
Bronne van inligting duimnael|Asoka se groot rotsedik by Junagadh in Goedjarat bevat veertien van sy ediktes. Wat oor Asoka bekend is, kom uit drie soorte bronne: sy eie inskripsies, ander inskripsies wat na hom verwys, en antieke letterkunde – veral Boeddhistiese tekste. Hierdie bronne weerspreek mekaar dikwels, en geskiedkundiges probeer steeds om hul getuienis met mekaar te versoen.Thapar (1973).
Die inskripsies Asoka se inskripsies is die vroegste voorbeeld in die Indiese subkontinent waarin 'n heerser homself en sy mag beskryf.Singh (2012), pp. 131–132. Hulle handel egter byna uitsluitlik oor dhamma en gee min inligting oor die res van die Mauryastaat of die samelewing van die tyd. Selfs oor dhamma kan die inhoud nie sonder meer as feit gelees word nie: die Amerikaanse godsdienswetenskaplike John S. Strong het aangevoer dat dit soms nuttig is om Asoka se boodskappe te sien as die propaganda van 'n politikus wat 'n gunstige beeld van homself en sy bestuur wil skep, eerder as as 'n verslag van historiese feite.Seneviratna (1994).
'n Klein aantal ander inskripsies verskaf ook inligting. Asoka word vermeld in die 2de-eeuse rotsinskripsie van Rudradaman by Junagadh, en 'n inskripsie wat by Sirkap naby Taxila ontdek is, bevat 'n beskadigde woord wat met "Priyadari" begin – vermoedelik sy titel Priyadarshi, aangesien dit in Aramees van die 3de eeu v.C. geskryf is.
Boeddhistiese legendes Die grootste deel van die oorgelewerde inligting oor Asoka kom uit Boeddhistiese legendes wat hom as 'n groot, ideale keiser voorstel. Dié tekste is nie uit sy tyd nie en is deur Boeddhistiese skrywers opgestel wat allerlei verhale gebruik het om die uitwerking van hul geloof op die keiser te illustreer, sodat dit met omsigtigheid gebruik moet word. Onder moderne vakkundiges wissel die menings van 'n volslae verwerping van die legendes as mitologie tot die aanvaarding van alle gedeeltes wat aanneemlik lyk.Strong (1989), p. 12.
Die legendes bestaan in verskeie tale – onder meer Sanskrit, Pali, Tibettaans, Chinees, Birmaans, Khmer, Sinhala, Thai en Lao – maar hulle gaan alle op twee hooftradisies terug: die Noord-Indiese tradisie, bewaar in Sanskrit-tekste soos die Divyavadana (waarvan die Ashokavadana deel uitmaak) en in Chinese weergawes daarvan; die Sri Lankaanse tradisie, bewaar in Pali-tekste soos die Dipavamsa, die Mahavamsa en kommentare daarop.
Die twee tradisies verskil aansienlik. Die Sri Lankaanse tekste beklemtoon Asoka se rol by die derde Boeddhistiese raadsvergadering en die stuur van sendelinge na verre streke, waaronder sy seun Mahinda na Sri Lanka – gebeure wat die Noord-Indiese tradisie glad nie vermeld nie. Laasgenoemde beskryf weer episodes wat in die Sri Lankaanse tekste ontbreek, soos die verhaal van 'n ander seun, Kunala. Selfs waar hulle dieselfde verhaal vertel, loop hulle uiteen: in die Ashokavadana laat keiserin Tishyarakshita die Bodhi-boom genees nadat sy dit laat verlep het, terwyl sy dit in die Mahavamsa heeltemal vernietig – maar eers nadat 'n loot daarvan al na Sri Lanka oorgeplant is. Só verheerlik die Mahavamsa Sri Lanka as die nuwe bewaarplek van die Boeddhisme.
Ander bronne Munte, beeldhouwerk en argeologiese vondste vul die beeld aan. Asoka se naam kom voor in die lyste van Mauryakeisers in die Puranas, maar dié tekste gee geen verdere besonderhede nie, aangesien hul Brahmaanse skrywers nie deur die Mauryas begunstig is nie. Werke soos die Arthashastra en die Indica van Megasthenes, wat algemene inligting oor die Mauryatydperk bevat, kan gebruik word om afleidings te maak, hoewel die Arthashastra 'n voorskriftelike teks oor 'n ideale eerder as 'n werklike staat is en die Indica verlore is en slegs in aanhalings by later skrywers oorleef.Singh (2012), p. 132.
Naam en titels duimnael|regs|180px|Die naam "Asoka" (𑀅𑀲𑁄𑀓 A-so-ka) in die klein rotsedik van Maski, in die Brahmi-skrif. Die naam A-soka beteken letterlik "sonder smart". Volgens 'n legende in die Ashokavadana het sy moeder hom dié naam gegee omdat sy geboorte haar smart weggeneem het.Strong (1989), p. 205.
Die naam Piyadasi (Sanskrit: Priya-darshi) word in die Dipavamsa van die 3de of 4de eeu n.C. met Asoka verbind. Dit beteken letterlik "hy wat vriendelik aanskou" of "van innemende voorkome", en was waarskynlik 'n troonnaam wat hy self aangeneem het. 'n Weergawe daarvan word ook in die Griekse inskripsies vir hom gebruik: basileùs Piodássēs.
Sy inskripsies gebruik verder die titel Devanampiya (Sanskrit: Devanampriya, "geliefde van die gode"). Dat Devanampiya en Asoka dieselfde persoon is, is deur die inskripsies van Maski en Gujarra vasgestel, wat albei terme vir dieselfde koning gebruik. Die titel is ook deur ander konings gebruik, onder wie sy tydgenoot Devanampiya Tissa van Anuradhapura in Sri Lanka.Strong (1989), p. 11.
Familie en vroeë lewe Asoka was die seun van die vorige Mauryaheerser, Bindusara, en sy koningin, Subhadrangī (ook bekend as "Dharma" of "Dhamma").Basham, A. L. (1981),History And Doctrines of the Ajivikas A Vanished Indian Religion, New Delhi: Motilal Banarsidass Asoka het 'n paar ouer broers en susters sowel as een jonger broer, Vitasoka, gehad. As gevolg van sy voorbeeldige intellek en strydvaardigheid is dikwels gesê dat hy die gunstelingkleinseun van sy oupa Chandragupta Maurya was, wat die Griekse magte wat ná Alexander die Grote se dood in die noordweste agtergebly het, verdryf en 'n verdrag met Seleukos I Nikator gesluit het. Volgens die legende het Chandragupta sy swaard weggegooi nadat hy die Mauryaryk vir die Djainistiese monnikelewe verlaat het. Later het Asoka die swaard gevind en dit by hom gehou.
Prins en onderkoning duimnael|'n Reliëf uit sowat die 1ste eeu v.C./n.C. by Sanchi wat Asoka op sy strydwa uitbeeld op besoek aan die stoepa van Ramagrama. Asoka se eie inskripsies swyg oor sy jeug, en byna alles wat daaroor vertel word, kom uit legendes wat honderde jare later opgeteken is. Hoewel dié verhale duidelik versinde besonderhede bevat, is party gegewens daarin histories aanneemlik.Lahiri (2015), p. 27.
Volgens die Ashokavadana het Bindusara sy seun as jongman verafsku weens sy growwe vel, maar dieselfde bronne vermeld dat hy hom belangrike take toevertrou het: die onderdrukking van 'n opstand in Takshashila (die huidige Taxila in Pakistan) volgens die Noord-Indiese tradisie, en die bestuur van Ujjain volgens die Sri Lankaanse tradisie. Dit dui daarop dat Bindusara wel deur die prins se ander eienskappe beïndruk was; 'n ander moontlikheid is dat hy hom doelbewus ver van die hoofstad wou hou.
Die verhaal oor Takshashila kan met die Arameestalige inskripsie by Sirkap in verband gebring word, waarin die letters "prydr" voorkom wat die meeste vakkundiges as "Priyadarshi" aanvul. Geen bron uit sy eie tyd vermeld die opstand egter nie, en niks in sy eie inskripsies sê dat hy die stad ooit besoek het nie.Lahiri (2015), pp. 66–68. Dat hy onderkoning van Ujjain was, word ondersteun deur die inskripsie van Saru Maru in sentraal-Indië, wat vermeld dat "Piyadasi" as prins na dié plek gekom het, en deur een van sy eie rotsediktes wat 'n prins-onderkoning by Ujjain vermeld.Lahiri (2015), p. 98.
Volgens die Sri Lankaanse tradisie het Asoka op sy pad na Ujjain by Vidisha verlief geraak op Devi, die dogter van 'n handelaar. Sy het hom twee kinders gegee, Mahinda en Sanghamitta, en het ná sy troonsbestyging in Vidisha agtergebly eerder as om na die hoofstad te trek.
Troonsbestyging Die legendes stem saam dat Asoka nie die kroonprins was nie en dat sy troonsbestyging betwis is.
Volgens die Ashokavadana het 'n minister vyfhonderd amptenare oorgehaal om Asoka se aanspraak te steun toe die tyd aanbreek, omdat voorspel is dat hy 'n chakravartin – 'n wêreldheerser – sou word. Toe Bindusara siek word terwyl sy oudste seun Susima in Takshashila was, is Asoka voorlopig op die troon geplaas; ná sy vader se dood het sy eerste minister Radhagupta die terugkerende Susima in 'n put met gloeiende houtskool laat val.Strong (1989), pp. 209–210.
Die Mahavamsa vertel dat Asoka van Ujjain na die hoofstad teruggekeer het, beheer daaroor verkry het en ná sy vader se dood sy oudste broer laat doodmaak het; die teks voeg by dat hy nege-en-negentig van sy halfbroers uitgewis het, terwyl die Dipavamsa honderd broers noem en sê dat hy vier jaar later gekroon is. Slegs sy volle broer Tissa is gespaar.Lahiri (2015), pp. 101–102.
Getalle soos 99 en 100 is klaarblyklik oordrewe en beteken bloot dat hy verskeie broers laat doodmaak het.Lahiri (2015), p. 102. Dit is wel moontlik dat hy nie die regmatige erfgenaam was nie en een of meer broers uit die weg geruim het, maar die Boeddhistiese bronne het die verhaal opgeblaas in 'n poging om hom voor sy bekering as boos voor te stel. Rotsedik 5 vermeld amptenare wie se pligte die welsyn van "die gesinne van sy broers, susters en ander familie" insluit, wat daarop kan dui dat meer as een broer sy troonsbestyging oorleef het.
Op grond van die Sri Lankaanse tekste, wat sê dat Asoka 218 jaar ná die dood van die Boeddha die troon bestyg het en 37 jaar regeer het, en met behulp van die Griekse konings wat in sy ediktes genoem word en wie se datums bekend is, word sy troonsbestyging vandag algemeen op omstreeks 269–268 v.C. gestel.Lahiri (2015), p. 25.
Regering voor die Boeddhistiese invloed Sowel die Sri Lankaanse as die Noord-Indiese tradisie hou vol dat Asoka voor sy bekering 'n gewelddadige mens was. Die Tibettaanse skrywer Taranatha vertel dat hy eers "Kamasoka" genoem is omdat hy jare in genotsug (kama) deurgebring het, daarna "Chandasoka" ("Asoka die wreedaardige") weens sy bose dade, en uiteindelik "Dhammasoka" ("Asoka die regverdige") ná sy bekering.
Die Ashokavadana beskryf verskeie wandade: dat hy vyfhonderd ministers wat hom met veragting begin behandel het, eiehandig onthoof het; dat hy vyfhonderd van sy byvroue laat verbrand het nadat hulle die blomme van sy naamgenoot, die asokaboom, afgekap het; en dat hy in Pataliputra 'n tronk laat bou het wat van buite aangenaam gelyk het, maar waarin gevangenes wreed gemartel is. Dié tronk staan in die legende as "Asoka se hel" bekend.Lahiri (2015), pp. 105–107.
Sulke beskrywings van Asoka as 'n bose mens voor sy bekering lyk na 'n versinsel van die Boeddhistiese skrywers, wat die verandering wat die Boeddhisme in hom gebring het, as 'n wonderwerk wou voorstel; om die kontras te versterk, oordryf hulle sowel sy vroeëre boosheid as sy latere vroomheid.
Die Kalinga-oorlog en die bekering duimnael|links|180px|'n Paneel by Kanaganahalli met die Brahmi-opskrif "koning Asoka", 1ste tot 3de eeu n.C.