Bungeni is 'n groeiende nedersetting in Makhado Munisipaliteit in Limpopo, Suid-Afrika. Die groot woongebied lê weerskante van die R578-teerpad ongeveer halfpad tussen Louis Trichardt en Giyani.

Bungeni se buurdorp na die oostekant is die woongebied Hlanganani. Die meeste inwoners is Tsongasprekend.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Limpopo