Roberto Merhi Muntan (gebore 22 Maart 1991) is 'n Spaanse renjaer van Libanees-Brasiliaanse oorsprong, wat in 2015 vir die Manor Marussia F1-span in Formule Een, sowel as in die Formule Renault 3.5-reeks vir Pons Racing gejaag het.
Merhi was ook lid van die hernuwe Mercedes-Benz Juniorspan, saam met Christian Vietoris en Robert Wickens. In 2011 het Merhi die Formule 3 Euro-reekskampioenskap vir Prema Powerteam verower.
duimnael|links|300px|Merhi jaag tydens die 2009 Formule 3 Euro-reeks op Hockenheim.
Verwysings
Kategorie:Spaanse renjaers Kategorie:Formule Een-renjaers Kategorie:Geboortes in 1991 Kategorie:Lewende mense