Jan Shoba (sterf 1992) was 'n bevelvoerder in die Azanian People's Liberation Army (APLA), die ondergrondse militêre vleuel van die Pan Africanist Congress of Azania (PAC). APLA is gevorm in die 1960's, na die verbanning van die PAC en ander politieke organisasies, insluitend die African National Congress (ANC) en die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP). Shoba is in 1984 in hegtenis geneem en in die tronk op Robbeneiland gesit, waarna hy in 1990 vrygelaat is.

Tydens die Waarheid-en-versoeningskommissie het dit bekend geword dat Jan Shoba lede van die PAC in die gebruik van vuurwapens opgelei het in Junie 1991, toe die PAC-operasie "Great Storm" ontwikkel het. Die doel van dié operasie was om die wit boeregemeenskap op hul plase aan te val, met die doel "om die land terug te kry". Hy is in 1992 by sy huis in Atteridgeville vermoor.

Straatnaam Jan Shoba-weg (voorheen bekend as Duncanweg) in Pretoria is in 2012 na hom vernoem.

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktiviste Kategorie:Sterftes in 1990 Kategorie:Anti-apartheidsaktiviste