Sibusiso Camagu Thokozani 'S'bura' Sithole is 'n Suid-Afrikaanse rugbyspeler. Sithole draf meestal as vleuel of senter op die veld uit. Hy verteenwoordig die Sharks in die Currie- en Vodacombeker.
Sithole het in 2013 tydens die Sewes Wêreldbeker in Moskou vir Suid-Afrika gespeel.
In Mei 2014 is Sithole, as een van agt nuwelinge, vir 'n Springbok-oefenkamp opgeroep. Hy het egter nie die geleentheid gekry om as 'n Springbok op die veld uit te draf nie.
Verwysings
Eksterne skakels Sithole op sarugby.net Profiel op itsrugby.co.uk Inligting op die Sharks se webtuiste Blitzbokke.com-profiel
Kategorie:Geboortes in 1990 Kategorie:Sharks rugbyspelers Kategorie:Lewende mense Kategorie:Xhosas