Suiwer Land-Boeddhisme, in die Weste ook bekend as Amidisme,Amidism, Britannica Online EncyclopediaAmidism The Columbia Encyclopedia is ’n groot tak van Mahayana-Boeddhisme en een van die mees algemene tradisies van Boeddhisme in Oos-Asië. Suiwer Land se leringe sentreer om Amitabha Boeddha.
Die praktyke en begrippe wat in Suiwer Land voorkom, word aangetref in die basiese Mahayana-kosmologie en is ’n belangrike deel van dié tradisie in China, Japan, Korea, Viëtnam en Tibet. Die term "Suiwer Land-Boeddhisme" kan verwys na die Suiwer Land-tradisie of Suiwer Land-leerstellings van Mahayana, sowel as die aparte Suiwer Land-sekte wat in Japan ontwikkel het. In die Japannese Boeddhisme het Suiwer Land-leringe ontwikkel in ’n onafhanklike institusionele sekte, soos gesien kan word in die Jōdo-shū- en die Jōdo Shinshū-skool.
Die Suiwer Land Volgens hedendaagse Suiwer Land-tradisies sit Amitabha die dharma uiteen in sy boeddha-veld (Sanskrit: buddhakṣetra), of "suiwer land" (Chinees: jìngtǔ), ’n streek wat verposing bied van karma-oorgang. Amitabha se land van Sukhavati is ’n pragtige land wat alle ander ryke oortref. Daar is baie gode, mense, blomme en vrugte, asook bome wat wense vervul en waar seldsame voëls skuiling soek. Om die Suiwer Land binne te gaan is gelykstaande aan die behaling van verligting. Hierna word die persoon deur Amitabha Boeddha en verskeie bodhisattvas onderrig totdat hy volle en algehele verligting behaal. Hy kan dan kies of hy as ’n bodhisattva na enige van die ses vlakke van die bestaan wil terugkeer om ander mense te help en of hy in die Suiwer Land wil bly en boeddhaskap behaal.
In die Mahayana-tradisie is daar baie boeddhas, en elke boeddha het sy eie suiwer land. Amitabha se land van Sukhavati lê in ’n westelike rigting, terwyl Akshobhya se suiwer land van Abhirati in ’n oostelike rigting lê. Terwyl Japannese Boeddhiste albei erken, is Oostelike Suiwer Land-Boeddhisme minder gewild as die Westelike Suiwer Land-weergawe. Hoewel daar ook ander suiwer lande, is, is Amitabha s’n verreweg die gewildste.
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike webtuiste van Suiwer Land-Boeddhisme Webtuiste van Jōdo Shū Internasionale sentrum vir Jōdo Shinshū 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Boeddhistiese strominge