Die Drie Juwele (Pali: Tiratana; Sanskrit: त्रिरत्न, Triratna) is die drie dinge waartoe Boeddhiste hul toevlug neem, of as leiding aanvaar.

Die Drie Juwele is:B Sangharakshita, The Three Jewels: An Introduction to Buddhism, Rider, 1967 Die Boeddha: Dit kan die historiese Boeddha wees, of die boeddhaskap wat alle wesens kan behaal; Dharma: die leringe van die Boeddha, of die pad na verligting; Sangha: die gemeenskap van dié wat verligting behaal het en wat ander help om dieselfde te doen; soms verwys dit ook na die gemeenskap van praktiserende Boeddhiste of na die kloostergemeenskap.

Verwysings

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Boeddhistiese begrippe