Die NGR 4-6-2TT Havelock tenk-en-tenderlokomotief is die eerste stoomlokomotief wat in Suid-Afrika gebou is. Die lokomotief kry die naam "Havelock", ter ere van sir Arthur Havelock, goewerneur van die Natal Kolonie. Dit is in 1887 deur die Natalse Regeringspoorweë met 'n 2-8-2TT-konfigurasie ontwerp en in 1888 in Durban gebou. Later is dit met 'n 4-6-2TT-konfigurasie herbou.

Tydens die Tweede Vryheidsoorlog is die lokomotief met dik henneptou bedek om dit te kamoefleer en beskerm teen vyandige vuur, en het die bynaam "Hairy Mary" gekry. duimnael|links|420px|NGR 4-6-2TT Havelock as die Hairy Mary.

Verwysings

Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine