Die gewone platanna (Xenopus laevis) is 'n padda wat endemies is aan Afrika suid van die Sahara. In Engels staan dit bekend as die African clawed frog. Hierdie padda was gebruik om swangerskap van vroue te bevestig. Dit het tot gevolg gehad dat lewende paddas uitgevoer is na die res van die wêreld waar hulle indringerspesies geword het.
Voorkoms Die padda is plat met die oë bo-op die voorkop en dit het 'n afgeplatte lyf. Die voorpote is kort en dun en die agterpote groot en sterk met swemvliese tussen die tone. Die padda is byna totaal waterlewend en kom slegs tydens reën land toe.
Hulle vreet waterinsekte, paddavissies en vissies.
Galery
Sien ook Lancelot Hogben (swangerskaptoetser) Xenobot
Bronnelys Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart, Struik Nature, 2012,
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Paddas laevis